1 Now at the same time there were present some who told him of the Galileans whose blood Pilate mingled with {that of} their sacrifices.2 And he answering said to them, Think ye that these Galileans were sinners beyond all the Galileans because they suffered such things?3 No, I say to you, but if ye repent not, ye shall all perish in the same manner.4 Or those eighteen on whom the tower in Siloam fell and killed them, think ye that *they* were debtors beyond all the men who dwell in Jerusalem?5 No, I say to you, but if ye repent not, ye shall all perish in like manner.6 And he spoke this parable: A certain {man} had a fig-tree planted in his vineyard, and he came seeking fruit upon it and did not find {any}.7 And he said to the vinedresser, Behold, {these} three years I come seeking fruit on this fig-tree and find none: cut it down; why does it also render the ground useless?8 But he answering says to him, Sir, let it alone for this year also, until I shall dig about it and put dung,9 and if it shall bear fruit-but if not, after that thou shalt cut it down.10 And he was teaching in one of the synagogues on the sabbath.11 And lo, {there was} a woman having a spirit of infirmity eighteen years, and she was bent together and wholly unable to lift her head up.12 And Jesus, seeing her, called to {her}, and said to her, Woman, thou art loosed from thine infirmity.13 And he laid his hands upon her; and immediately she was made straight, and glorified God.14 But the ruler of the synagogue, indignant because Jesus healed on the sabbath, answering said to the crowd, There are six days in which {people} ought to work; in these therefore come and be healed, and not on the sabbath day.15 The Lord therefore answered him and said, Hypocrites! does not each one of you on the sabbath loose his ox or his ass from the manger and leading {it} away, water {it}?16 And this {woman}, who is a daughter of Abraham, whom Satan has bound, lo, {these} eighteen years, ought she not to be loosed from this bond on the sabbath day?17 And as he said these things, all who were opposed to him were ashamed; and all the crowd rejoiced at all the glorious things which were being done by him.18 And he said, To what is the kingdom of God like? and to what shall I liken it?19 It is like a grain of mustard {seed} which a man took and cast into his garden; and it grew and became a great tree, and the birds of heaven lodged in its branches.20 And again he said, To what shall I liken the kingdom of God?21 It is like leaven, which a woman took and hid in three measures of meal until the whole was leavened.22 And he went through one city and village after another, teaching, and journeying to Jerusalem.23 And one said to him, Sir, {are} such as are to be saved few in number? But he said unto them,24 Strive with earnestness to enter in through the narrow door, for many, I say to you, will seek to enter in and will not be able.25 From the time that the master of the house shall have risen up and shall have shut the door, and ye shall begin to stand without and to knock at the door, saying, Lord, open to us; and he answering shall say to you, I know you not whence ye are:26 then shall ye begin to say, We have eaten in thy presence and drunk, and thou hast taught in our streets;27 and he shall say, I tell you, I do not know you whence ye are; depart from me, all {ye} workers of iniquity.28 There shall be the weeping and the gnashing of teeth, when ye shall see Abraham and Isaac and Jacob and all the prophets in the kingdom of God, but yourselves cast out.29 And they shall come from east and west, and from north and south, and shall lie down at table in the kingdom of God.30 And behold, there are last who shall be first, and there are first who shall be last.31 The same hour certain Pharisees came up, saying to him, Get out, and go hence, for Herod is desirous to kill thee.32 And he said to them, Go, tell that fox, Behold, I cast out demons and accomplish cures to-day and to-morrow, and the third {day} I am perfected;33 but I must needs walk to-day and to-morrow and the {day} following, for it must not be that a prophet perish out of Jerusalem.34 Jerusalem, Jerusalem, the {city} that kills the prophets and stones those that are sent unto her, how often would I have gathered thy children together, as a hen her brood under her wings, and ye would not.35 Behold, your house is left unto you; and I say unto you, that ye shall not see me until it come that ye say, Blessed {is} he that comes in the name of {the} Lord.
1 En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galil,ërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.2 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galil,ërs groter sondaars was as al die Galil,ërs, omdat hulle sulke dinge gely het?3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.4 Of daardie agttien op wie die toring van Siloam geval en hulle gedood het -- dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.6 En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.10 En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.11 En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.14 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op die dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?16 Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan -- dink daaraan! -- agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.18 En Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?19 Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.20 En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?21 Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.22 En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.23 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop -- sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.26 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.29 En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.30 En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.31 En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre , en op die derde dag is Ek klaar.33 Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.35 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!