Publicidade

Lucas 12

1 In those {times}, the myriads of the crowd being gathered together, so that they trod one on another, he began to say to his disciples first, Beware of the leaven of the Pharisees, which is hypocrisy;2 but there is nothing covered up which shall not be revealed, nor secret that shall not be known;3 therefore whatever ye have said in the darkness shall be heard in the light, and what ye have spoken in the ear in chambers shall be proclaimed upon the housetops.4 But I say to you, my friends, Fear not those who kill the body and after this have no more that they can do.5 But I will shew you whom ye shall fear: Fear him who after he has killed has authority to cast into hell; yea, I say to you, Fear *him*.6 Are not five sparrows sold for two assaria? and one of them is not forgotten before God.7 But even the hairs of your head are all numbered. Fear not therefore, ye are better than many sparrows.8 But I say to you, Whosoever shall confess me before men, the Son of man will confess him also before the angels of God;9 but he that shall have denied me before men shall be denied before the angels of God;10 and whoever shall say a word against the Son of man it shall be forgiven him; but to him that speaks injuriously against the Holy Spirit it shall not be forgiven.11 But when they bring you before the synagogues and rulers and the authorities, be not careful how or what ye shall answer, or what ye shall say;12 for the Holy Spirit shall teach you in the hour itself what should be said.13 And a person said to him out of the crowd, Teacher, speak to my brother to divide the inheritance with me.14 But he said to him, Man, who established me {as} a judge or a divider over you?15 And he said to them, Take heed and keep yourselves from all covetousness, for {it is} not because a man is in abundance {that} his life is in his possessions.16 And he spoke a parable to them, saying, The land of a certain rich man brought forth abundantly.17 And he reasoned within himself saying, What shall I do? for I have not {a place} where I shall lay up my fruits.18 And he said, This will I do: I will take away my granaries and build greater, and there I will lay up all my produce and my good things;19 and I will say to my soul, Soul, thou hast much good things laid by for many years; repose thyself, eat, drink, be merry.20 But God said to him, Fool, this night thy soul shall be required of thee; and whose shall be what thou hast prepared?21 Thus is he who lays up treasure for himself, and is not rich toward God.22 And he said to his disciples, For this cause I say unto you, Be not careful for life, what ye shall eat, nor for the body, what ye shall put on.23 The life is more than food, and the body than raiment.24 Consider the ravens, that they sow not nor reap; which have neither storehouse nor granary; and God feeds them. How much better are *ye* than the birds?25 But which of you by being careful can add to his stature one cubit?26 If therefore ye cannot {do} even what is least, why are ye careful about the rest?27 Consider the lilies how they grow: they neither toil nor spin; but I say unto you, Not even Solomon in all his glory was clothed as one of these.28 But if God thus clothe the grass, which to-day is in the field and to-morrow is cast into {the} oven, how much rather you, O ye of little faith?29 And *ye*, seek not what ye shall eat or what ye shall drink, and be not in anxiety;30 for all these things do the nations of the world seek after, and your Father knows that ye have need of these things;31 but seek his kingdom, and {all} these things shall be added to you.32 Fear not, little flock, for it has been the good pleasure of your Father to give you the kingdom.33 Sell what ye possess and give alms; make to yourselves purses which do not grow old, a treasure which does not fail in the heavens, where thief does not draw near nor moth destroy.34 For where your treasure is, there also will your heart be.35 Let your loins be girded about, and lamps burning;36 and *ye* like men who wait their own lord whenever he may leave the wedding, that when he comes and knocks, they may open to him immediately.37 Blessed are those bondmen whom the lord {on} coming shall find watching; verily I say unto you, that he will gird himself and make them recline at table, and coming up will serve them.38 And if he come in the second watch, and come in the third watch, and find {them} thus, blessed are those {bondmen}.39 But this know, that if the master of the house had known in what hour the thief was coming, he would have watched, and not have suffered his house to be dug through.40 And ye therefore, be *ye* ready, for in the hour in which ye do not think {it}, the Son of man comes.41 And Peter said to him, Lord, sayest thou this parable to us, or also to all?42 And the Lord said, Who then is the faithful and prudent steward, whom his lord will set over his household, to give the measure of corn in season?43 Blessed is that bondman whom his lord {on} coming shall find doing thus;44 verily I say unto you, that he will set him over all that he has.45 But if that bondman should say in his heart, My lord delays to come, and begin to beat the menservants and the maidservants, and to eat and to drink and to be drunken,46 the lord of that bondman shall come in a day when he does not expect it, and in an hour he knows not of, and shall cut him in two and appoint his portion with the unbelievers.47 But that bondman who knew his own lord's will, and had not prepared {himself} nor done his will, shall be beaten with many {stripes};48 but he who knew {it} not, and did things worthy of stripes, shall be beaten with few. And to every one to whom much has been given, much shall be required from him; and to whom {men} have committed much, they will ask from him the more.49 I have come to cast a fire on the earth; and what will I if already it has been kindled?50 But I have a baptism to be baptised with, and how am I straitened until it shall have been accomplished!51 Think ye that I have come to give peace in the earth? Nay, I say to you, but rather division:52 for from henceforth there shall be five in one house divided; three shall be divided against two, and two against three:53 father against son, and son against father; mother against daughter, and daughter against mother; a mother-in-law against her daughter-in-law, and a daughter-in-law against her mother-in-law.54 And he said also to the crowds, When ye see a cloud rising out of the west, straightway ye say, A shower is coming; and so it happens.55 And when {ye see} the south wind blow, ye say, There will be heat; and it happens.56 Hypocrites, ye know how to judge of the appearance of the earth and of the heaven; how {is it then that} ye do not discern this time?57 And why even of yourselves judge ye not what is right?58 For as thou goest with thine adverse party before a magistrate, strive in the way to be reconciled with him, lest he drag thee away to the judge, and the judge shall deliver thee to the officer, and the officer cast thee into prison.59 I say unto thee, Thou shalt in no wise come out thence until thou hast paid the very last mite.

1 Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.2 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!6 Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.8 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.9 Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.10 En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.11 En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.13 En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.14 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as 'n regter of deler oor julle aangestel?15 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra.17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.19 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees?21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.22 En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.23 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.24 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!25 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?26 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?27 Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.28 As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!29 Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;30 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.33 Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.35 Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.37 Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.38 En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.39 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.40 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.41 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, so besig sal vind.44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues.47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.54 En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.55 En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?58 Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-