1 And the whole multitude of them, rising up, led him to Pilate.2 And they began to accuse him, saying, We have found this {man} perverting our nation, and forbidding to give tribute to Caesar, saying that he himself is Christ, a king.3 And Pilate demanded of him saying, Art *thou* the king of the Jews? And he answering him said, Thou sayest.4 And Pilate said to the chief priests and the crowds, I find no guilt in this man.5 But they insisted, saying, He stirs up the people, teaching throughout all Judaea, beginning from Galilee even on to here.6 But Pilate, having heard Galilee {named}, demanded if the man were a Galilaean;7 and having learned that he was of Herod's jurisdiction, remitted him to Herod, who himself also was at Jerusalem in those days.8 And when Herod saw Jesus he greatly rejoiced, for he had been a long while desirous of seeing him, because of hearing many things concerning him, and he hoped to see some sign done by him;9 and he questioned him in many words, but *he* answered him nothing.10 And the chief priests and the scribes stood and accused him violently.11 And Herod with his troops having set him at nought and mocked him, having put a splendid robe upon him, sent him back to Pilate.12 And Pilate and Herod became friends with one another the same day, for they had been at enmity before between themselves.13 And Pilate, having called together the chief priests and the rulers and the people,14 said to them, Ye have brought to me this man as turning away the people {to rebellion}, and behold, I, having examined him before you, have found nothing criminal in this man as to the things of which ye accuse him;15 nor Herod either, for I remitted you to him, and behold, nothing worthy of death is done by him.16 Having chastised him therefore, I will release him.17 (Now he was obliged to release one for them at the feast.)18 But they cried out in a mass saying, Away with this {man} and release Barabbas to us;19 who was one who, for a certain tumult which had taken place in the city, and {for} murder, had been cast into prison.20 Pilate therefore, desirous to release Jesus, again addressed {them}.21 But they cried out in reply saying, Crucify, crucify him.22 And he said the third time to them, What evil then has this {man} done? I have found no cause of death in him: I will chastise him therefore and release him.23 But they were urgent with loud voices, begging that he might be crucified. And their voices {and those of the chief priests} prevailed.24 And Pilate adjudged that what they begged should take place.25 And he released him who, for tumult and murder, had been cast into prison, whom they begged for, and Jesus he delivered up to their will.26 And as they led him away, they laid hold on a certain Simon, a Cyrenian, coming from the field, and put the cross upon him to bear it behind Jesus.27 And a great multitude of the people, and of women who wailed and lamented him, followed him.28 And Jesus turning round to them said, Daughters of Jerusalem, do not weep over me, but weep over yourselves and over your children;29 for behold, days are coming in which they will say, Blessed {are} the barren, and wombs that have not borne, and breasts that have not given suck.30 Then shall they begin to say to the mountains, Fall upon us; and to the hills, Cover us:31 for if these things are done in the green tree, what shall take place in the dry?32 Now two others also, malefactors, were led with him to be put to death.33 And when they came to the place which is called Skull, there they crucified him, and the malefactors, one on the right hand, the other on the left.34 And Jesus said, Father, forgive them, for they know not what they do. And, parting out his garments, they cast lots.35 And the people stood beholding, and the rulers also {with them} sneered, saying, He has saved others; let him save himself if this is the Christ, the chosen one of God.36 And the soldiers also made game of him, coming up offering him vinegar,37 and saying, If *thou* be the king of the Jews, save thyself.38 And there was also an inscription {written} over him in Greek, and Roman, and Hebrew letters: This is the King of the Jews.39 Now one of the malefactors who had been hanged spoke insultingly to him, saying, Art not thou the Christ? save thyself and us.40 But the other answering rebuked him, saying, Dost *thou* too not fear God, thou that art under the same judgment?41 and *we* indeed justly, for we receive the just recompense of what we have done; but this {man} has done nothing amiss.42 And he said to Jesus, Remember me, {Lord,} when thou comest in thy kingdom.43 And Jesus said to him, Verily I say to thee, To-day shalt thou be with me in paradise.44 And it was about {the} sixth hour, and there came darkness over the whole land until {the} ninth hour.45 And the sun was darkened, and the veil of the temple rent in the midst.46 And Jesus, having cried with a loud voice, said, Father, into thy hands I commit my spirit. And having said this, he expired.47 Now the centurion, seeing what took place, glorified God, saying, In very deed this man was just.48 And all the crowds who had come together to that sight, having seen the things that took place, returned, beating {their} breasts.49 And all those who knew him stood afar off, the women also who had followed him from Galilee, beholding these things.50 And behold, a man named Joseph, who was a councillor, a good man and a just51 (this {man} had not assented to their counsel and deed), of Arimathaea, a city of the Jews, who also waited, {himself also,} for the kingdom of God52 -he having gone to Pilate begged the body of Jesus;53 and having taken it down, wrapped it in fine linen and placed him in a tomb hewn in the rock, where no one had ever been laid.54 And it was preparation day, and {the} sabbath twilight was coming on.55 And women, who had come along with him out of Galilee, having followed, saw the sepulchre and how his body was placed.56 And having returned they prepared aromatic spices and ointments, and remained quiet on the sabbath, according to the commandment.
1 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judiadeur, vandat Hy in Galil,a begin het tot hiertoe.6 En toe Pilatus van Galil,a hoor, vra hy of die man 'n Galil,ër is.7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Bar bbas los!19 Di, was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!22 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.23 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en die van die owerpriesters het die oorhand gekry.24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.26 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.27 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.38 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galil,a gevolg het, het hierdie dinge gesien.50 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man51 -- hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie -- van Arimath,a, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.55 En die vroue wat saam met Hom van Galil,a gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.