Publicidade

Lucas 15

1 And all the tax-gatherers and the sinners were coming near to him to hear him;2 and the Pharisees and the scribes murmured, saying, This {man} receives sinners and eats with them.3 And he spoke to them this parable, saying,4 What man of you having a hundred sheep, and having lost one of them, does not leave the ninety and nine in the wilderness and go after that which is lost, until he find it?5 and having found it, he lays it upon his own shoulders, rejoicing;6 and being come to the house, calls together the friends and the neighbours, saying to them, Rejoice with me, for I have found my lost sheep.7 I say unto you, that thus there shall be joy in heaven for one repenting sinner, {more} than for ninety and nine righteous who have no need of repentance.8 Or, what woman having ten drachmas, if she lose one drachma, does not light a lamp and sweep the house and seek carefully till she find it?9 and having found it she calls together the friends and neighbours, saying, Rejoice with me, for I have found the drachma which I had lost.10 Thus, I say unto you, there is joy before the angels of God for one repenting sinner.11 And he said, A certain man had two sons;12 and the younger of them said to his father, Father, give to me the share of the property that falls {to me}. And he divided to them what he was possessed of.13 And after not many days the younger son gathering all together went away into a country a long way off, and there dissipated his property, living in debauchery.14 But when he had spent all there arose a violent famine throughout that country, and he began to be in want.15 And he went and joined himself to one of the citizens of that country, and he sent him into his fields to feed swine.16 And he longed to fill his belly with the husks which the swine were eating; and no one gave to him.17 And coming to himself, he said, How many hired servants of my father's have abundance of bread, and *I* perish here by famine.18 I will rise up and go to my father, and I will say to him, Father, I have sinned against heaven and before thee;19 I am no longer worthy to be called thy son: make me as one of thy hired servants.20 And he rose up and went to his own father. But while he was yet a long way off, his father saw him, and was moved with compassion, and ran, and fell upon his neck, and covered him with kisses.21 And the son said to him, Father, I have sinned against heaven and before thee; I am no longer worthy to be called thy son.22 But the father said to his bondmen, Bring out the best robe and clothe him in {it}, and put a ring on his hand and sandals on his feet;23 and bring the fatted calf and kill it, and let us eat and make merry:24 for this my son was dead and has come to life, was lost and has been found. And they began to make merry.25 And his elder son was in the field; and as, coming {up}, he drew nigh to the house, he heard music and dancing.26 And having called one of the servants, he inquired what these things might be.27 And he said to him, Thy brother is come, and thy father has killed the fatted calf because he has received him safe and well.28 But he became angry and would not go in. And his father went out and besought him.29 But he answering said to his father, Behold, so many years I serve thee, and never have I transgressed a commandment of thine; and to me hast thou never given a kid that I might make merry with my friends:30 but when this thy son, who has devoured thy substance with harlots, is come, thou hast killed for him the fatted calf.31 But he said to him, Child, *thou* art ever with me, and all that is mine is thine.32 But it was right to make merry and rejoice, because this thy brother was dead and has come to life again, and was lost and has been found.

1 En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.2 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.3 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:4 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?5 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.7 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.8 Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.11 Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad.12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En die het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.27 Di, sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-