1 And after this I saw four angels standing upon the four corners of the earth, holding fast the four winds of the earth, that no wind might blow upon the earth, nor upon the sea, nor upon any tree.2 And I saw another angel ascending from {the} sunrising, having {the} seal of {the} living God; and he cried with a loud voice to the four angels to whom it had been given to hurt the earth and the sea,3 saying, Hurt not the earth, nor the sea, nor the trees, until we shall have sealed the bondmen of our God upon their foreheads.4 And I heard the number of the sealed, a hundred {and} forty-four thousand, sealed out of every tribe of {the} sons of Israel:5 out of {the} tribe of Juda, twelve thousand sealed; out of {the} tribe of Reuben, twelve thousand; out of {the} tribe of Gad, twelve thousand;6 out of {the} tribe of Aser, twelve thousand; out of {the} tribe of Nepthalim, twelve thousand; out of {the} tribe of Manasseh, twelve thousand;7 out of {the} tribe of Simeon, twelve thousand; out of {the} tribe of Levi, twelve thousand; out of {the} tribe of Issachar, twelve thousand;8 out of {the} tribe of Zabulun, twelve thousand; out of {the} tribe of Joseph, twelve thousand; out of {the} tribe of Benjamin, twelve thousand sealed.9 After these things I saw, and lo, a great crowd, which no one could number, out of every nation and tribes and peoples and tongues, standing before the throne, and before the Lamb, clothed with white robes, and palm branches in their hands.10 And they cry with a loud voice, saying, Salvation to our God who sits upon the throne, and to the Lamb.11 And all the angels stood around the throne, and the elders, and the four living creatures, and fell before the throne upon their faces, and worshipped God,12 saying, Amen: Blessing, and glory, and wisdom, and thanksgiving, and honour, and power, and strength, to our God, to the ages of ages. Amen.13 And one of the elders answered, saying to me, These who are clothed with white robes, who are they, and whence came they?14 And I said to him, My lord, *thou* knowest. And he said to me, These are they who come out of the great tribulation, and have washed their robes, and have made them white in the blood of the Lamb.15 Therefore are they before the throne of God, and serve him day and night in his temple, and he that sits upon the throne shall spread his tabernacle over them.16 They shall not hunger any more, neither shall they thirst any more, nor shall the sun at all fall on them, nor any burning heat;17 because the Lamb which is in the midst of the throne shall shepherd them, and shall lead them to fountains of waters of life, and God shall wipe away every tear from their eyes.
1 En n hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van N ftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;7 uit die stam van S¡meon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;8 uit die stam van S,bulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.9 N hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê:12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.