1 Then Jesus spoke to the crowds and to his disciples,2 saying, The scribes and the Pharisees have set themselves down in Moses' seat:3 all things therefore, whatever they may tell you, do and keep. But do not after their works, for they say and do not,4 but bind burdens heavy and hard to bear, and lay them on the shoulders of men, but will not move them with their finger.5 And all their works they do to be seen of men: for they make broad their phylacteries and enlarge the borders {of their garments},6 and love the chief place in feasts and the first seats in the synagogues,7 and salutations in the market-places, and to be called of men, Rabbi, Rabbi.8 But *ye*, be not ye called Rabbi; for one is your instructor, and all *ye* are brethren.9 And call not {any one} your father upon the earth; for one is your Father, he who is in the heavens.10 Neither be called instructors, for one is your instructor, the Christ.11 But the greatest of you shall be your servant.12 And whoever shall exalt himself shall be humbled, and whoever shall humble himself shall be exalted.13 But woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye shut up the kingdom of the heavens before men; for *ye* do not enter, nor do ye suffer those that are entering to go in.14 15 Woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye compass the sea and the dry {land} to make one proselyte, and when he is become {such}, ye make him twofold more {the} son of hell than yourselves.16 Woe to you, blind guides, who say, Whosoever shall swear by the temple, it is nothing; but whosoever shall swear by the gold of the temple, he is a debtor.17 Fools and blind, for which is greater, the gold, or the temple which sanctifies the gold?18 And, Whosoever shall swear by the altar, it is nothing; but whosoever shall swear by the gift that is upon it is a debtor.19 {Fools and} blind ones, for which is greater, the gift, or the altar which sanctifies the gift?20 He therefore that swears by the altar swears by it and by all things that are upon it.21 And he that swears by the temple swears by it and by him that dwells in it.22 And he that swears by heaven swears by the throne of God and by him that sits upon it.23 Woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye pay tithes of mint and anise and cummin, and ye have left aside the weightier matters of the law, judgment and mercy and faith: these ye ought to have done and not have left those aside.24 Blind guides, who strain out the gnat, but drink down the camel.25 Woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye make clean the outside of the cup and of the dish, but within they are full of rapine and intemperance.26 Blind Pharisee, make clean first the inside of the cup and of the dish, that their outside also may become clean.27 Woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye are like whited sepulchres, which appear beautiful outwardly, but within are full of dead men's bones and all uncleanness.28 Thus also *ye*, outwardly ye appear righteous to men, but within are full of hypocrisy and lawlessness.29 Woe to you, scribes and Pharisees, hypocrites, for ye build the sepulchres of the prophets and adorn the tombs of the just,30 and ye say, If we had been in the days of our fathers we would not have been partakers with them in the blood of the prophets.31 So that ye bear witness of yourselves that ye are sons of those who slew the prophets:32 and *ye*, fill ye up the measure of your fathers.33 Serpents, offspring of vipers, how should ye escape the judgment of hell?34 Therefore, behold, *I* send unto you prophets, and wise men, and scribes; and {some} of them ye will kill and crucify, and {some} of them ye will scourge in your synagogues, and will persecute from city to city;35 so that all righteous blood shed upon the earth should come upon *you*, from the blood of righteous Abel to the blood of Zacharias son of Barachias, whom ye slew between the temple and the altar.36 Verily I say unto you, All these things shall come upon this generation.37 Jerusalem, Jerusalem, {the city} that kills the prophets and stones those that are sent unto her, how often would I have gathered thy children as a hen gathers her chickens under her wings, and ye would not!38 Behold, your house is left unto you desolate;39 for I say unto you, Ye shall in no wise see me henceforth until ye say, Blessed {be} he that comes in the name of {the} Lord.
1 Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.5 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.14 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?18 En: Elkeen wat sweer by die altaar -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?20 Wie dan sweer by die altaar, sweer d rby en by alles wat daarop is;21 en wie sweer by die tempel, sweer d rby en by Hom wat daarin woon;22 en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle n : die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.32 Maak die maat van julle vaders dan vol!33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges g,sel en van die een stad na die ander vervolg,35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagar¡a, die seun van Ber,gja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.36 Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!