Publicidade

Mateus 24

1 And Jesus went forth and went away from the temple, and his disciples came to {him} to point out to him the buildings of the temple.2 And he answering said to them, Do ye not see all these things? Verily I say to you, Not a stone shall be left here upon a stone which shall not be thrown down.3 And as he was sitting upon the mount of Olives the disciples came to him privately, saying, Tell us, when shall these things be, and what is the sign of thy coming and {the} completion of the age?4 And Jesus answering said to them, See that no one mislead you.5 For many shall come in my name, saying, *I* am the Christ, and they shall mislead many.6 But ye will hear of wars and rumours of wars. See that ye be not disturbed; for all {these things} must take place, but it is not yet the end.7 For nation shall rise up against nation, and kingdom against kingdom; and there shall be famines and pestilences, and earthquakes in divers places.8 But all these {are the} beginning of throes.9 Then shall they deliver you up to tribulation, and shall kill you; and ye will be hated of all the nations for my name's sake.10 And then will many be offended, and will deliver one another up, and hate one another;11 and many false prophets shall arise and shall mislead many;12 and because lawlessness shall prevail, the love of the most shall grow cold;13 but he that has endured to the end, *he* shall be saved.14 And these glad tidings of the kingdom shall be preached in the whole habitable earth, for a witness to all the nations, and then shall come the end.15 When therefore ye shall see the abomination of desolation, which is spoken of through Daniel the prophet, standing in {what is a} holy place, (he that reads let him understand,)16 then let those who are in Judaea flee to the mountains;17 let not him that is on the house come down to take the things out of his house;18 and let not him that is in the field turn back to take his garment.19 But woe to those that are with child, and those that give suck in those days.20 But pray that your flight may not be in winter time nor on sabbath:21 for then shall there be great tribulation, such as has not been from {the} beginning of {the} world until now, nor ever shall be;22 and if those days had not been cut short, no flesh had been saved; but on account of the elect those days shall be cut short.23 Then if any one say to you, Behold, here is the Christ, or here, believe {it} not.24 For there shall arise false Christs, and false prophets, and shall give great signs and wonders, so as to mislead, if possible, even the elect.25 Behold, I have told you beforehand.26 If therefore they say to you, Behold, he is in the desert, go not forth; behold, {he is} in the inner chambers, do not believe {it}.27 For as the lightning goes forth from the east and shines to the west, so shall be the coming of the Son of man.28 {For} wherever the carcase is, there will be gathered the eagles.29 But immediately after the tribulation of those days the sun shall be darkened, and the moon not give her light, and the stars shall fall from heaven, and the powers of the heavens shall be shaken.30 And then shall appear the sign of the Son of man in heaven; and then shall all the tribes of the land lament, and they shall see the Son of man coming on the clouds of heaven with power and great glory.31 And he shall send his angels with a great sound of trumpet, and they shall gather together his elect from the four winds, from {the one} extremity of {the} heavens to {the other} extremity of them.32 But learn the parable from the fig-tree: When already its branch becomes tender and produces leaves, ye know that the summer is near.33 Thus also *ye*, when ye see all these things, know that it is near, at the doors.34 Verily I say to you, This generation will not have passed away until all these things shall have taken place.35 The heaven and the earth shall pass away, but my words shall in no wise pass away.36 But of that day and hour no one knows, not even the angels of the heavens, but {my} Father alone.37 But as the days of Noe, so also shall be the coming of the Son of man.38 For as they were in the days which were before the flood, eating and drinking, marrying and giving in marriage, until the day on which Noe entered into the ark,39 and they knew not till the flood came and took all away; thus also shall be the coming of the Son of man.40 Then two shall be in the field, one is taken and one is left;41 two {women} grinding at the mill, one is taken and one is left.42 Watch therefore, for ye know not in what hour your Lord comes.43 But know this, that if the master of the house had known in what watch the thief was coming, he would have watched and not have suffered his house to be dug through {into}.44 Wherefore *ye* also, be ye ready, for in that hour that ye think not the Son of man comes.45 Who then is the faithful and prudent bondman whom his lord has set over his household, to give them food in season?46 Blessed is that bondman whom his lord on coming shall find doing thus.47 Verily I say unto you, that he will set him over all his substance.48 But if that evil bondman should say in his heart, My lord delays to come,49 and begin to beat his fellow-bondmen, and eat and drink with the drunken;50 the lord of that bondman shall come in a day when he does not expect it, and in an hour he knows not of,51 and shall cut him in two and appoint his portion with the hypocrites: there shall be the weeping and the gnashing of teeth.

1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.8 Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -- laat hy wat lees, oplet --16 dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.23 As iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! -- moet dit nie glo nie.24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn -- moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer -- moet dit nie glo nie.27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.36 Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom --49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,50 dan sal die heer van die dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie;51 en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-