Publicidade

1 Reis 10

1 And the queen of Sheba heard of the fame of Solomon in connection with the name of Jehovah, and came to prove him with enigmas.2 And she came to Jerusalem with a very great train, with camels that bore spices and gold in very great abundance, and precious stones; and she came to Solomon, and spoke to him of all that was in her heart.3 And Solomon explained to her all she spoke of: there was not a thing hidden from the king that he did not explain to her.4 And when the queen of Sheba saw all Solomon's wisdom, and the house that he had built,5 and the food of his table, and the deportment of his servants, and the order of service of his attendants, and their apparel, and his cupbearers, and his ascent by which he went up to the house of Jehovah, there was no more spirit in her.6 And she said to the king, It was a true report that I heard in mine own land of thine affairs, and of thy wisdom;7 but I gave no credit to the words, until I came and mine eyes had seen; and behold, the half was not told me: in wisdom and prosperity thou exceedest the report that I heard.8 Happy are thy men! happy are these thy servants, who stand continually before thee, who hear thy wisdom!9 Blessed be Jehovah thy God, who delighted in thee, to set thee on the throne of Israel! Because Jehovah loves Israel for ever, therefore did he make thee king, to do judgment and justice.10 And she gave the king a hundred and twenty talents of gold, and spices in very great abundance, and precious stones: there came no more such abundance of spices as those which the queen of Sheba gave to king Solomon.11 (And the fleet also of Hiram, which carried gold from Ophir, brought from Ophir sandal-wood in very great abundance, and precious stones.12 And the king made of the sandal-wood a balustrade for the house of Jehovah, and for the king's house, and harps and lutes for the singers. There came no such sandal-wood, nor was there seen to this day.)13 And king Solomon gave to the queen of Sheba all her desire, whatever she asked, besides what he gave her of the bounty of king Solomon. And she turned and went to her own land, she and her servants.14 And the weight of gold that came to Solomon in one year was six hundred and sixty-six talents of gold,15 besides what {came} by the dealers, and by the traffic of the merchants, and by all the kings of Arabia, and by the governors of the country.16 And king Solomon made two hundred targets of beaten gold, -he applied six hundred {shekels} of gold to one target;17 and three hundred shields of beaten gold, -he applied three minas of gold to one shield; and the king put them in the house of the forest of Lebanon.18 And the king made a great throne of ivory, and overlaid it with refined gold:19 the throne had six steps, and the top of the throne was rounded behind; and there were arms on each side at the place of the seat, and two lions stood beside the arms;20 and twelve lions stood there on the one side and on the other upon the six steps: there was not the like made in any kingdom.21 And all king Solomon's drinking vessels were of gold, and all the vessels of the house of the forest of Lebanon were of precious gold: none were of silver, {which} was not of the least account in the days of Solomon.22 For the king had on the sea a Tarshish-fleet, with the fleet of Hiram: once in three years came the Tarshish-fleet, bringing gold and silver, ivory, and apes, and peacocks.23 And king Solomon was greater than all the kings of the earth in riches and in wisdom.24 And all the earth sought the presence of Solomon, to hear his wisdom, which God had put in his heart.25 And they brought every man his present, vessels of silver, and vessels of gold, and clothing, and armour, and spices, horses and mules, a rate year by year.26 And Solomon gathered chariots and horsemen; and he had a thousand four hundred chariots, and twelve thousand horsemen; and he placed them in the chariot-cities, and with the king at Jerusalem.27 And the king made silver in Jerusalem as stones, and cedars made he as the sycamores that are in the lowland for abundance.28 And the exportation of horses that Solomon had was from Egypt: a caravan of the king's merchants fetched a drove {of horses}, at a price.29 And a chariot came up and went out of Egypt for six hundred {shekels} of silver, and a horse for a hundred and fifty; and so they brought {them} by their means, for all the kings of the Hittites and for the kings of Syria.

1 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.2 En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.3 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.4 Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.6 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;7 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.8 Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.9 Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.10 Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die HERE en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.14 En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud,15 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land.16 En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;17 en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die L¡banon-bos gesit.18 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die L¡banon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie.22 Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,25 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kw,; handelaars van die koning het dit uit Kw, gaan haal teen koopprys.29 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir ses honderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-