Publicidade

1 Reis 11

1 But king Solomon loved many foreign women, besides the daughter of Pharaoh: women of the Moabites, Ammonites, Edomites, Zidonians, Hittites;2 of the nations of which Jehovah had said to the children of Israel, Ye shall not go in to them, neither shall they come in to you; they would certainly turn away your heart after their gods: to these Solomon was attached in love.3 And he had seven hundred wives, princesses, and three hundred concubines; and his wives turned away his heart.4 And it came to pass when Solomon was old, {that} his wives turned away his heart after other gods; and his heart was not perfect with Jehovah his God, as the heart of David his father.5 And Solomon went after Ashtoreth the goddess of the Zidonians, and after Milcom the abomination of the Ammonites.6 And Solomon did evil in the sight of Jehovah, and followed not fully Jehovah, as David his father.7 Then did Solomon build a high place for Chemosh the abomination of the Moabites, on the hill that is before Jerusalem, and for Molech the abomination of the children of Ammon.8 And so he did for all his foreign wives, who burned incense and sacrificed to their gods.9 And Jehovah was angry with Solomon, because his heart was turned away from Jehovah the God of Israel, who had appeared to him twice,10 and had commanded him concerning this thing, not to go after other gods; but he kept not what Jehovah had commanded.11 And Jehovah said to Solomon, Forasmuch as this is done by thee, and thou hast not kept my covenant and my statutes which I commanded thee, I will certainly rend the kingdom from thee, and will give it to thy servant:12 notwithstanding in thy days I will not do it, for David thy father's sake; I will rend it out of the hand of thy son;13 only, I will not rend away all the kingdom: I will give one tribe to thy son, for David my servant's sake, and for Jerusalem's sake which I have chosen.14 And Jehovah stirred up an adversary to Solomon, Hadad the Edomite; he was of the king's seed in Edom.15 Now it came to pass when David was in Edom, when Joab the captain of the host had gone up to bury the slain, after he had smitten every male in Edom16 (for Joab abode there six months with all Israel, until he had cut off every male in Edom),17 that Hadad fled, he and certain Edomites of his father's servants with him, to go into Egypt, Hadad being yet a little child.18 And they arose out of Midian, and came to Paran, and took men with them out of Paran, and they came to Egypt, to Pharaoh king of Egypt; who gave him a house, and appointed him victuals, and gave him land.19 And Hadad found great favour in the sight of Pharaoh, and he gave him as wife the sister of his own wife, the sister of Tahpenes the queen.20 And the sister of Tahpenes bore him Genubath his son; and Tahpenes brought him up in Pharaoh's house; and Genubath was in Pharaoh's household, among the sons of Pharaoh.21 And Hadad heard in Egypt that David slept with his fathers, and that Joab the captain of the host was dead; and Hadad said to Pharaoh, Let me depart, that I may go to mine own country.22 And Pharaoh said to him, What then dost thou lack with me, that behold, thou desirest to go to thine own country? And he said, Nothing; but in any case let me depart.23 God stirred him up yet an adversary, Rezon the son of Eliada, who had fled from Hadadezer king of Zobah, his lord.24 And he collected men to him, and became captain of a band, when David slew them {of Zobah}; and they went to Damascus, and dwelt there, and reigned in Damascus.25 And he was an adversary to Israel all the days of Solomon, besides the mischief that Hadad {did}; and he abhorred Israel, and reigned over Syria.26 And Jeroboam the son of Nebat, an Ephrathite of Zeredah, Solomon's servant (whose mother's name was Zeruah, a widow woman), even he lifted up his hand against the king.27 And this was the cause that he lifted up his hand against the king: Solomon was building Millo, and closing the breach of the city of David his father;28 and the man Jeroboam was strong and valiant; and Solomon saw the young man that he was industrious, and he made him ruler over all the charge of the house of Joseph.29 And it came to pass at that time that Jeroboam went out of Jerusalem, and the prophet Ahijah the Shilonite found him in the way; and he had clad himself with a new garment; and they two were alone in the field.30 Then Ahijah seized the new garment that was on him, and rent it in twelve pieces;31 and said to Jeroboam, Take thee ten pieces; for thus saith Jehovah the God of Israel: Behold, I will rend the kingdom out of the hand of Solomon, and will give ten tribes to thee;32 but one tribe shall he have for my servant David's sake, and for Jerusalem's sake, the city which I have chosen out of all the tribes of Israel:33 because they have forsaken me, and have worshipped Ashtoreth the goddess of the Zidonians, Chemosh the god of the Moabites, and Milcom the god of the children of Ammon, and have not walked in my ways, to do that which is right in my sight, and my statutes and mine ordinances, as David his father.34 But I will not take the whole kingdom out of his hand; for I will make him prince all the days of his life for David my servant's sake, whom I chose, who kept my commandments and my statutes;35 but I will take the kingdom out of his son's hand, and will give it unto thee, -the ten tribes.36 And unto his son will I give one tribe, that David my servant may have a lamp always before me in Jerusalem, the city that I have chosen for myself to put my name there.37 And I will take thee, that thou mayest reign over all that thy soul desireth, and thou shalt be king over Israel.38 And it shall be, if thou wilt hearken unto all that I command thee, and wilt walk in my ways, and do that which is right in my sight, in keeping my statutes and my commandments, as David my servant did, that I will be with thee, and build thee a lasting house, as I built for David, and will give Israel unto thee.39 And I will for this afflict the seed of David, but not for ever.40 And Solomon sought to kill Jeroboam; and Jeroboam arose and fled into Egypt, to Shishak king of Egypt; and he was in Egypt until the death of Solomon.41 And the rest of the acts of Solomon, and all that he did, and his wisdom, are they not written in the book of the acts of Solomon?42 And the time that Solomon reigned in Jerusalem over all Israel was forty years.43 And Solomon slept with his fathers, and was buried in the city of David his father; and Rehoboam his son reigned in his stead.

1 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese --2 uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan -- Salomo het hulle met liefde aangehang.3 En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.5 En Salomo het agter Ast rte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.6 So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie.7 Toe het Salomo 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon.8 En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode.9 Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het,10 en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie.11 Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.14 En die HERE het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.15 Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan --16 want ses maande lank het Joab daar gebly met die hele Israel totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was --17 maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was 'n jong seun.18 En hulle het uit M¡dian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom 'n huis gegee en aan hom voedsel toegesê en hom grond gegee het.19 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat die aan hom sy vrou se suster, die suster van T gpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.20 En die suster van T gpenes het vir hom sy seun Genubat gebaar, maar T gpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genubat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao.21 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou land te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan.23 God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van ljada, 'n vlugteling van sy heer Hadad,ser, die koning van Soba.24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van 'n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.25 En hy was 'n teëstander van Israel al die dae van Salomo -- en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het -- want hy het 'n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.26 Ook Jerobeam, die seun van Nebat, 'n Efraimiet uit Ser,da -- die naam van sy moeder was Serua, 'n weduwee -- 'n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.27 En dit was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo het Millo gebou en daardeur die skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.28 En die man Jerobeam was 'n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman 'n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.29 Terwyl Jerobeam in die tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ah¡a, die Siloniet, hom op die pad; en die was bekleed met 'n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.30 Toe gryp Ah¡a die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,31 en hy sê vir Jerobeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel --33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Ast rte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.35 Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;36 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd 'n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;37 en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.39 Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.40 En Salomo het geprobeer om Jerobeam om te bring; maar Jerobeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.41 En die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?42 En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.43 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Reh beam het in sy plek koning geword.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-