1 And it came to pass after these things, {that} Naboth the Jizreelite had a vineyard, which was in Jizreel, by the side of the palace of Ahab king of Samaria.2 And Ahab spoke to Naboth saying, Give me thy vineyard, that I may have it for a garden of herbs, for it is near, by the side of my house; and I will give thee for it a better vineyard than it; if it seem good to thee, I will give thee its value in money.3 And Naboth said to Ahab, Jehovah forbid it me, that I should give the inheritance of my fathers to thee!4 And Ahab came into his house sullen and vexed because of the word that Naboth the Jizreelite had spoken to him; for he had said, I will not give thee the inheritance of my fathers. And he lay down on his bed, and turned away his face, and ate no bread.5 And Jezebel his wife came to him, and said to him, Why is thy spirit sullen, and thou eatest no bread?6 And he said to her, Because I spoke to Naboth the Jizreelite and said to him, Give me thy vineyard for money; or else, if it please thee, I will give thee a vineyard for it; and he said, I will not give thee my vineyard.7 And Jezebel his wife said to him, Dost thou now exercise sovereignty over Israel? arise, eat bread, and let thy heart be glad: I will give thee the vineyard of Naboth the Jizreelite.8 And she wrote a letter in Ahab's name, and sealed it with his seal, and sent the letter to the elders and to the nobles that were in his city, dwelling with Naboth.9 And she wrote in the letter saying, Proclaim a fast, and set Naboth at the head of the people;10 and set two men, sons of Belial, before him, and they shall bear witness against him saying, Thou didst curse God and the king; and carry him out, and stone him, that he may die.11 And the men of his city, the elders and the nobles that dwelt in his city, did as Jezebel had sent to them, as it was written in the letter that she had sent to them:12 they proclaimed a fast, and set Naboth at the head of the people.13 And there came the two men, sons of Belial, and sat before him; and the men of Belial witnessed against him, against Naboth, in the presence of the people, saying, Naboth blasphemed God and the king. And they carried him forth out of the city, and stoned him with stones, that he died.14 And they sent to Jezebel saying, Naboth is stoned, and is dead.15 And it came to pass when Jezebel heard that Naboth was stoned and was dead, that Jezebel said to Ahab, Arise, take possession of the vineyard of Naboth the Jizreelite, which he refused to give thee for money; for Naboth is not alive, but dead.16 And it came to pass when Ahab heard that Naboth was dead, that Ahab rose up to go down to the vineyard of Naboth the Jizreelite, to take possession of it.17 And the word of Jehovah came to Elijah the Tishbite, saying,18 Arise, go down to meet Ahab king of Israel, who is in Samaria: behold, he is in the vineyard of Naboth, whither he is gone down to take possession of it.19 And thou shalt speak unto him saying, Thus saith Jehovah: Hast thou killed, and also taken possession? And thou shalt speak unto him saying, Thus saith Jehovah: In the place where the dogs licked the blood of Naboth shall the dogs lick thy blood, even thine.20 And Ahab said to Elijah, Hast thou found me, mine enemy? And he said, I have found {thee}; because thou hast sold thyself to do evil in the sight of Jehovah.21 Behold, I will bring evil upon thee, and will take away thy posterity, and will cut off from Ahab every male, and him that is shut up and left in Israel;22 and I will make thy house like the house of Jeroboam the son of Nebat, and like the house of Baasha the son of Ahijah, for the provocation wherewith thou hast provoked me to anger, and made Israel to sin.23 And of Jezebel also spoke Jehovah saying, The dogs shall eat Jezebel by the moat of Jizreel.24 Him that dieth of Ahab in the city shall the dogs eat, and him that dieth in the field shall the fowl of the heavens eat.25 (Surely there was none like to Ahab, who did sell himself to do evil in the sight of Jehovah, Jezebel his wife urging him on.26 And he did very abominably in following idols, according to all that the Amorites did, whom Jehovah had dispossessed before the children of Israel.)27 And it came to pass when Ahab heard these words, that he rent his garments, and put sackcloth upon his flesh, and fasted, and lay in sackcloth, and went softly.28 And the word of Jehovah came to Elijah the Tishbite, saying,29 Seest thou how Ahab humbleth himself before me? because he humbleth himself before me, I will not bring the evil in his days: in his son's days will I bring the evil upon his house.
1 En n hierdie dinge het d¡t gebeur: Nabot, 'n Jisreëliet, het in J¡sreël 'n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samar¡a, was.2 En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.5 Daarop kom sy vrou Is,bel by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee -- maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.7 Toe sê sy vrou Is,bel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.8 Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.9 En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep 'n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;10 en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.11 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Is,bel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.12 Hulle het 'n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit.13 Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.14 Daarna laat hulle Is,bel weet: Nabot is gestenig en is dood.15 Net toe Is,bel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Is,bel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood.16 Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, af te gaan om dit in besit te neem.17 Maar die woord van die HERE het tot El¡a, die Tisbiet, gekom en gesê:18 Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat in Samar¡a is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.19 En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.20 Daarop sê Agab vir El¡a: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE!21 Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.22 En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.23 En ook oor Is,bel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Is,bel eet by die voorskans van J¡sreël.24 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.25 Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Is,bel hom verlei het.26 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.27 En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en 'n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop.28 Toe kom die woord van die HERE tot El¡a, die Tisbiet, en sê:29 Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.