Publicidade

João 13

1 Now before the feast of the passover, Jesus, knowing that his hour had come that he should depart out of this world to the Father, having loved his own who were in the world, loved them to the end.2 And during supper, the devil having already put it into the heart of Judas {son} of Simon, Iscariote, that he should deliver him up,3 {Jesus,} knowing that the Father had given him all things into his hands, and that he came out from God and was going to God,4 rises from supper and lays aside his garments, and having taken a linen towel he girded himself:5 then he pours water into the washhand basin, and began to wash the feet of the disciples, and to wipe them with the linen towel with which he was girded.6 He comes therefore to Simon Peter; and *he* says to him, Lord, dost thou wash *my* feet?7 Jesus answered and said to him, What I do thou dost not know now, but thou shalt know hereafter.8 Peter says to him, Thou shalt never wash my feet. Jesus answered him, Unless I wash thee, thou hast not part with me.9 Simon Peter says to him, Lord, not my feet only, but also my hands and my head.10 Jesus says to him, He that is washed all over needs not to wash save his feet, but is wholly clean; and ye are clean, but not all.11 For he knew him that delivered him up: on account of this he said, Ye are not all clean.12 When therefore he had washed their feet, and taken his garments, having sat down again, he said to them, Do ye know what I have done to you?13 Ye call me the Teacher and the Lord, and ye say well, for I am {so}.14 If I therefore, the Lord and the Teacher, have washed your feet, ye also ought to wash one another's feet;15 for I have given you an example that, as I have done to you, ye should do also.16 Verily, verily, I say to you, The bondman is not greater than his lord, nor the sent greater than he who has sent him.17 If ye know these things, blessed are ye if ye do them.18 I speak not of you all. I know those whom I have chosen; but that the scripture might be fulfilled, He that eats bread with me has lifted up his heel against me.19 I tell you {it} now before it happens, that when it happens, ye may believe that I am {he}.20 Verily, verily, I say to you, He who receives whomsoever I shall send receives me; and he that receives me receives him who has sent me.21 Having said these things, Jesus was troubled in spirit, and testified and said, Verily, verily, I say to you, that one of you shall deliver me up.22 The disciples therefore looked one on another, doubting of whom he spoke.23 Now there was at table one of his disciples in the bosom of Jesus, whom Jesus loved.24 Simon Peter makes a sign therefore to him to ask who it might be of whom he spoke.25 But he, leaning on the breast of Jesus, says to him, Lord, who is it?26 Jesus answers, He it is to whom I, after I have dipped the morsel, give it. And having dipped the morsel, he gives it to Judas {son} of Simon, Iscariote.27 And, after the morsel, then entered Satan into him. Jesus therefore says to him, What thou doest, do quickly.28 But none of those at table knew why he said this to him;29 for some supposed, because Judas had the bag, that Jesus was saying to him, Buy the things of which we have need for the feast; or that he should give something to the poor.30 Having therefore received the morsel, he went out immediately; and it was night.31 When therefore he was gone out Jesus says, Now is the Son of man glorified, and God is glorified in him.32 If God be glorified in him, God also shall glorify him in himself, and shall glorify him immediately.33 Children, yet a little while I am with you. Ye shall seek me; and, as I said to the Jews, Where I go ye cannot come, I say to you also now.34 A new commandment I give to you, that ye love one another; as I have loved you, that ye also love one another.35 By this shall all know that ye are disciples of mine, if ye have love amongst yourselves.36 Simon Peter says to him, Lord, where goest thou? Jesus answered him, Where I go thou canst not follow me now, but thou shalt follow me after.37 Peter says to him, Lord, why cannot I follow thee now? I will lay down my life for thee.38 Jesus answers, Thou wilt lay down thy life for me! Verily, verily, I say to thee, The cock shall not crow till thou hast denied me thrice.

1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.2 En gedurende die maaltyd -- die duiwel het dit al in die hart van Judas Isk riot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai --3 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.5 Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.6 Hy kom toe by Simon Petrus en die sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?7 Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.9 Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.11 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.14 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.15 Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.18 Ek spreek nie van julle almal nie -- Ek weet wie Ek uitverkies het -- maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.21 Toe Jesus dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.22 En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.23 En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.24 Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.25 En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?26 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Isk riot, die seun van Simon.27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.29 Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.31 En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.32 As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.33 My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie -- so sê Ek nou ook vir julle.34 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.36 Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.37 Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.38 Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-