Publicidade

João 3

1 But there was a man from among the Pharisees, his name Nicodemus, a ruler of the Jews;2 he came to him by night, and said to him, Rabbi, we know that thou art come a teacher from God, for none can do these signs that thou doest unless God be with him.3 Jesus answered and said to him, Verily, verily, I say unto thee, Except any one be born anew he cannot see the kingdom of God.4 Nicodemus says to him, How can a man be born being old? can he enter a second time into the womb of his mother and be born?5 Jesus answered, Verily, verily, I say unto thee, Except any one be born of water and of Spirit, he cannot enter into the kingdom of God.6 That which is born of the flesh is flesh; and that which is born of the Spirit is spirit.7 Do not wonder that I said to thee, It is needful that *ye* should be born anew.8 The wind blows where it will, and thou hearest its voice, but knowest not whence it comes and where it goes: thus is every one that is born of the Spirit.9 Nicodemus answered and said to him, How can these things be?10 Jesus answered and said to him, Thou art the teacher of Israel and knowest not these things!11 Verily, verily, I say unto thee, We speak that which we know, and we bear witness of that which we have seen, and ye receive not our witness.12 If I have said the earthly things to you, and ye believe not, how, if I say the heavenly things to you, will ye believe?13 And no one has gone up into heaven, save he who came down out of heaven, the Son of man who is in heaven.14 And as Moses lifted up the serpent in the wilderness, thus must the Son of man be lifted up,15 that every one who believes on him may {not perish, but} have life eternal.16 For God so loved the world, that he gave his only-begotten Son, that whosoever believes on him may not perish, but have life eternal.17 For God has not sent his Son into the world that he may judge the world, but that the world may be saved through him.18 He that believes on him is not judged: but he that believes not has been already judged, because he has not believed on the name of the only-begotten Son of God.19 And this is the judgment, that light is come into the world, and men have loved darkness rather than light; for their works were evil.20 For every one that does evil hates the light, and does not come to the light that his works may not be shewn as they are;21 but he that practises the truth comes to the light, that his works may be manifested that they have been wrought in God.22 After these things came Jesus and his disciples into the land of Judaea; and there he abode with them and baptised.23 And John also was baptising in Aenon, near Salim, because there was a great deal of water there; and they came to {him} and were baptised:24 for John was not yet cast into prison.25 There was therefore a reasoning of the disciples of John with a Jew about purification.26 And they came to John and said to him, Rabbi, he who was with thee beyond the Jordan, to whom thou barest witness, behold, he baptises, and all come to him.27 John answered and said, A man can receive nothing unless it be given him out of heaven.28 Ye yourselves bear me witness that I said, I am not the Christ, but, that I am sent before him.29 He that has the bride is the bridegroom; but the friend of the bridegroom, who stands and hears him, rejoices in heart because of the voice of the bridegroom: this my joy then is fulfilled.30 He must increase, but I must decrease.31 He who comes from above is above all. He who has his origin in the earth is of the earth, and speaks {as} of the earth. He who comes out of heaven is above all,32 {and} what he has seen and has heard, this he testifies; and no one receives his testimony.33 He that has received his testimony has set to his seal that God is true;34 for he whom God has sent speaks the words of God, for God gives not the Spirit by measure.35 The Father loves the Son, and has given all things {to be} in his hand.36 He that believes on the Son has life eternal, and he that is not subject to the Son shall not see life, but the wrath of God abides upon him.

1 En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikod,mus, 'n owerste van die Jode.2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.4 Nikod,mus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.9 Nikod,mus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.22 Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judiagegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.24 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.27 Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.30 Hy moet meer word, maar ek minder.31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-