1 And the men of Kirjath-jearim came, and fetched up the ark of Jehovah, and brought it into the house of Abinadab on the hill, and hallowed Eleazar his son to keep the ark of Jehovah.2 And it came to pass, from the day that the ark abode in Kirjath-jearim, that the time was long; for it was twenty years. And all the house of Israel lamented after Jehovah.3 And Samuel spoke to all the house of Israel, saying, If ye return to Jehovah with all your heart, put away the strange gods and the Ashtoreths from among you, and apply your hearts unto Jehovah, and serve him only; and he will deliver you out of the hand of the Philistines.4 And the children of Israel put away the Baals and the Ashtoreths and served Jehovah only.5 And Samuel said, Gather all Israel to Mizpah, and I will pray Jehovah for you.6 And they gathered together to Mizpah, and drew water, and poured it out before Jehovah, and fasted on that day, and said there, We have sinned against Jehovah. And Samuel judged the children of Israel in Mizpah.7 And the Philistines heard that the children of Israel were gathered together at Mizpah; and the lords of the Philistines went up against Israel; and the children of Israel heard {it}, and were afraid of the Philistines.8 And the children of Israel said to Samuel, Cease not to cry to Jehovah our God for us, that he will save us out of the hand of the Philistines.9 And Samuel took a sucking-lamb, and offered it as a whole burnt-offering to Jehovah; and Samuel cried to Jehovah for Israel, and Jehovah answered him.10 And as Samuel was offering up the burnt-offering, the Philistines advanced to battle against Israel. And Jehovah thundered with a great thunder on that day upon the Philistines, and discomfited them; and they were routed before Israel.11 And the men of Israel went out of Mizpah, and pursued the Philistines, and smote them, as far as below Beth-car.12 And Samuel took a stone and set it between Mizpah and Shen, and called the name of it Eben-ezer, and said, Hitherto Jehovah has helped us.13 And the Philistines were subdued, and came no more into the borders of Israel; and the hand of Jehovah was against the Philistines all the days of Samuel.14 And the cities that the Philistines had taken from Israel were restored to Israel, from Ekron even to Gath; and their territory did Israel deliver out of the hand of the Philistines. And there was peace between Israel and the Amorite.15 And Samuel judged Israel all the days of his life.16 And he went from year to year in circuit to Bethel, and Gilgal, and Mizpah, and judged Israel in all those places.17 And his return was to Ramah; for there was his house, and there he judged Israel; and there he built an altar to Jehovah.
1 Toe het die manne van Kirjat-Je rim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abin dab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Ele sar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.2 En van die dag af dat die ark in Kirjat-Je rim gebly het, het daar geruime tyd verloop -- dit was twintig jaar -- en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.4 Daarop het die kinders van Israel die Ba„ls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.5 Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die HERE vir julle bid.6 Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en die dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.8 En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie n om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.9 Toe het Samuel 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor.10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit die dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.12 Toe het Samuel 'n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenha,ser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.14 Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.15 En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.17 Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die HERE 'n altaar gebou.