1 And there was a certain man of Ramathaim-zophim, of mount Ephraim, and his name was Elkanah, the son of Jeroham, the son of Elihu, the son of Tohu, the son of Zuph, an Ephrathite.2 And he had two wives: the name of the one was Hannah, and the name of the other Peninnah; and Peninnah had children, but Hannah had no children.3 And this man went up out of his city from year to year to worship and to sacrifice to Jehovah of hosts in Shiloh. And the two sons of Eli, Hophni and Phinehas, the priests of Jehovah, were there.4 And it came to pass on the day that Elkanah sacrificed, he gave to Peninnah his wife and to all her sons and her daughters portions;5 but to Hannah he used to give a double portion, for he loved Hannah; but Jehovah had shut up her womb.6 And her adversary provoked her much also, to make her fret, because Jehovah had shut up her womb.7 And {as} he did so year by year, as often as she went up to the house of Jehovah, she provoked her thus; and she wept and did not eat.8 And Elkanah her husband said to her, Hannah, why weepest thou? and why eatest thou not? and why is thy heart grieved? Am not I better to thee than ten sons?9 And Hannah rose up after they had eaten in Shiloh, and after they had drunk; (now Eli the priest sat upon the seat by the door-post of the temple of Jehovah;)10 and she was in bitterness of soul, and prayed to Jehovah, and wept much.11 And she vowed a vow, and said, O Jehovah of hosts, if thou wilt indeed look on the affliction of thy handmaid, and remember me, and not forget thy handmaid, but wilt give unto thy handmaid a man child, then I will give him to Jehovah all the days of his life, and there shall no razor come upon his head.12 And it came to pass as she continued praying before Jehovah, that Eli marked her mouth.13 Now Hannah spoke in her heart; only her lips moved, but her voice was not heard; and Eli thought she was drunken.14 And Eli said to her, How long wilt thou be drunken? put away thy wine from thee.15 And Hannah answered and said, No, my lord, I am a woman of a sorrowful spirit: I have drunk neither wine nor strong drink, but have poured out my soul before Jehovah.16 Take not thy handmaid for a daughter of Belial: for out of the abundance of my grief and provocation have I spoken hitherto.17 And Eli answered and said, Go in peace; and the God of Israel grant thee thy petition which thou hast asked of him.18 And she said, Let thy bondwoman find grace in thy sight. And the woman went her way, and did eat, and her countenance was no more {as before}.19 And they rose up early in the morning and worshipped before Jehovah, and returned and came to their house at Ramah. And Elkanah knew Hannah his wife; and Jehovah remembered her.20 And it came to pass when the time was come about after Hannah had conceived, that she bore a son, and called his name Samuel, {saying,} Because I have asked him of Jehovah.21 And Elkanah her husband, and all his house, went up to sacrifice to Jehovah the yearly sacrifice and his vow.22 But Hannah did not go up, for she said to her husband, {I will wait} until the child is weaned; then will I bring him, that he may appear before Jehovah, and there abide for ever.23 And Elkanah her husband said to her, Do what is good in thy sight: abide until thou hast weaned him; only, may Jehovah fulfil his word. And the woman abode, and gave her son suck until she weaned him.24 And she took him up with her when she had weaned him, with three bullocks, and one ephah of flour, and a flask of wine, and brought him to the house of Jehovah to Shiloh; and the boy was young.25 And they slaughtered the bullock, and brought the boy to Eli.26 And she said, Oh my lord, {as} thy soul liveth, my lord, I am the woman that stood by thee here to pray to Jehovah.27 For this boy I prayed; and Jehovah has granted me my petition which I asked of him.28 And also I have lent him to Jehovah: all the days that he lives, he is lent to Jehovah. And he worshipped Jehovah there.
1 Daar was 'n sekere man uit Ramat im, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Âlkana, die seun van Jeroham, die seun van El¡hu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.3 En die man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en P¡nehas, priesters van die HERE was.4 En op 'n dag het Âlkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;5 maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit.6 En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die HERE haar moederskoot toegesluit het.7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die HERE. So het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.8 En haar man Âlkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die HERE.10 En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween;11 en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee --13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie -- het Eli gedink dat sy dronk was.14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.16 Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.17 En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Âlkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.21 Toe die man Âlkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die HERE die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,22 het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die HERE en daar vir altyd bly.23 En haar man Âlkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag die HERE net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die HERE in Silo. En die seun was nog jonk.25 En hulle het die bul geslag en die seun by Eli gebring;26 en sy het gesê: Ag, my heer, so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die HERE te bid.27 Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.28 So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.