1 And the Philistines took the ark of God, and brought it from Eben-ezer to Ashdod.2 And the Philistines took the ark of God and brought it into the house of Dagon, and set it by Dagon.3 And when they of Ashdod arose early the next day, behold, Dagon had fallen on his face to the ground before the ark of Jehovah. And they took Dagon, and set him in his place again.4 And when they arose early the next morning, behold, Dagon had fallen on his face to the ground before the ark of Jehovah; and the head of Dagon and both the palms of his hands were cut off upon the threshold; only the fish-stump was left to him.5 Therefore neither the priests of Dagon nor any that come into Dagon's house tread on the threshold of Dagon in Ashdod to this day.6 And the hand of Jehovah was heavy upon them of Ashdod, and he laid them waste, and smote them with hemorrhoids, -Ashdod and its borders.7 And when the men of Ashdod saw that it was so, they said, The ark of the God of Israel shall not abide with us; for his hand is severe upon us, and upon Dagon our god.8 And they sent and gathered all the lords of the Philistines unto them, and said, What shall we do with the ark of the God of Israel? And they said, Let the ark of the God of Israel be carried about to Gath. And they carried the ark of the God of Israel about {thither}.9 And it came to pass that, after they had carried it about, the hand of Jehovah was against the city with very great panic; and he smote the men of the city, both small and great, and hemorrhoids broke out upon them.10 And they sent the ark of God to Ekron. And it came to pass, when the ark of God came to Ekron, that the Ekronites cried out, saying, They have brought about the ark of the God of Israel to us, to kill us and our people.11 And they sent and gathered all the lords of the Philistines, and said, Send away the ark of the God of Israel, and let it go again to its own place, that it kill us not, and our people. For there was deadly alarm throughout the city: the hand of God was very heavy there;12 and the men that died not were smitten with the hemorrhoids; and the cry of the city went up to heaven.
1 En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenha,ser af na Asdod gebring.2 Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis van Dagon gebring en dit langs Dagon neergesit.3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly.5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.6 Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand druk swaar op ons en op ons god Dagon.8 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die ark van die God van Israel doen? En die het gesê: Laat die ark van die God van Israel oorgaan na Gat toe. Daarop het hulle die ark van die God van Israel oorgebring.9 En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met 'n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.10 Daarop stuur hulle die ark van God na Ekron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het 'n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar.12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het.