1 And it came to pass, when David and his men came to Ziklag on the third day, that the Amalekites had made a raid upon the south, and upon Ziklag, and smitten Ziklag and burned it with fire;2 and had taken the women captives that were in it; both great and small: they had put none to death, but had carried them off, and went on their way.3 And David and his men came to the city, and behold, it was burnt with fire; and their wives, and their sons, and their daughters were taken captives.4 Then David and the people that were with him lifted up their voice and wept, until they had no more power to weep.5 And David's two wives were taken captives, Ahinoam the Jizreelitess, and Abigail the wife of Nabal the Carmelite.6 And David was greatly distressed; for the people spoke of stoning him; for the soul of all the people was embittered, every man because of his sons and because of his daughters; but David strengthened himself in Jehovah his God.7 And David said to Abiathar the priest, Ahimelech's son, Bring near to me, I pray thee, the ephod. And Abiathar brought the ephod near to David.8 And David inquired of Jehovah, saying, Shall I pursue after this troop? shall I overtake them? And he said to him, Pursue; for thou shalt assuredly overtake {them} and shalt certainly recover.9 So David went, he and the six hundred men that were with him, and they came to the torrent Besor; and those that were left stayed behind.10 And David pursued, he and four hundred men; for two hundred stayed behind, who were too exhausted to go over the torrent Besor.11 And they found an Egyptian in the field, and brought him to David, and gave him bread, and he ate; and they gave him water to drink,12 and gave him a piece of fig-cake and two raisin-cakes, and he ate, and his spirit came again to him; for he had eaten no bread, nor drunk any water, for three days and three nights.13 And David said to him, To whom belongest thou? and whence art thou? And he said, I am a young man of Egypt, servant of an Amalekite; and my master left me, because three days ago I fell sick.14 We made a raid against the south of the Cherethites, and against what {belongs} to Judah, and against the south of Caleb; and we burned Ziklag with fire.15 And David said to him, Canst thou bring me down to this troop? And he said, Swear to me by God, that thou wilt neither put me to death nor deliver me up into the hand of my master, and I will bring thee down to this troop.16 And he brought him down, and behold, they were spread over the whole land, eating and drinking, and dancing, because of all the great spoil that they had taken out of the land of the Philistines, and out of the land of Judah.17 And David smote them from the twilight even to the evening of the next day; and there escaped not a man of them, save four hundred young men, who rode upon camels, and fled.18 And David recovered all that the Amalekites had taken: and David recovered his two wives.19 And there was nothing missed by them, neither small nor great, neither sons nor daughters, neither spoil nor anything that they had taken: David brought all back.20 And David took all the flocks and the herds, {which} they drove before the other cattle, and said, This is David's spoil.21 And David came to the two hundred men who had been too exhausted to follow David, and whom they had left behind at the torrent Besor; and they went forth to meet David, and to meet the people that were with him; and David drew near to the people and saluted them.22 And all the wicked men, and {men} of Belial, of those that had gone with David, answered and said, Because they went not with us, we will not give them {aught} of the spoil that we have recovered, save to every man his wife and his children, that they may lead {them} away and depart.23 Then said David, Ye shall not do so, my brethren, with that which Jehovah has given us, who has preserved us, and given the troop that came against us into our hand.24 And who will hearken to you in this matter? For as his share is that goes down to the battle, so shall his share be that abides by the baggage: they shall share alike.25 And it was {so} from that day forward; and he made it a statute and an ordinance for Israel to this day.26 And David came to Ziklag, and he sent of the spoil to the elders of Judah, to his friends, saying, Behold a present for you of the spoil of the enemies of Jehovah:27 to those in Bethel, and to those in south Ramoth, and to those in Jattir,28 and to those in Aroer, and to those in Siphmoth, and to those in Eshtemoa,29 and to those in Rachal, and to those in the cities of the Jerahmeelites, and to those in the cities of the Kenites,30 and to those in Hormah, and to those in Chor-ashan, and to those in Athach,31 and to those in Hebron, and to all the places where David himself and his men went about.
1 En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.2 En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.5 Ook Dawid se twee vroue, Ah¡noam uit J¡sreël, en Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.7 En Dawid sê vir Abjatar, die priester, die seun van Ahim,leg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die skouerkleed na Dawid gebring.8 En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die ses honderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly.10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vier honderd man, terwyl twee honderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.11 Toe vind hulle in die veld 'n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.12 Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptiese seun, die slaaf van 'n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het.14 Ons het 'n inval gedoen in die Suidland van die Kretiërs en in die van Juda en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met vuur verbrand.15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele land, besig om te eet en te drink en fees te vier met die ganse groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land Juda saamgeneem het.17 En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het.18 So het Dawid dan alles gered wat die Amalekiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry.19 Niks van hulle is vermis nie -- klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.20 En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit.21 Toe Dawid by die twee honderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.22 Daarop het al die slegte mense en die deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.25 So is dit dan van die dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n insetting en 'n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die HERE:27 aan die in Bet-el en aan die in Ramot in die Suidland en aan die in Jattir28 en aan die in Aroër en aan die in Sifmot en aan die in Estemoa29 en aan die in Ragal en aan die in die stede van die Jeragmeëliete en aan die in die stede van die Keniete30 en aan die in Horma en aan die in Bor-Asan en aan die in Atag31 en aan die in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.