1 And Nahash the Ammonite came up and encamped against Jabesh-Gilead. And all the men of Jabesh said to Nahash, Make a covenant with us, and we will serve thee.2 And Nahash the Ammonite said to them, On this {condition} will I treat with you, that I thrust out all your right eyes, and lay it for a reproach upon all Israel.3 And the elders of Jabesh said to him, Allow us seven days, and we will send messengers into all the districts of Israel; and if there be no man to deliver us, we will come out to thee.4 And the messengers came to Gibeah of Saul and told these words in the ears of the people. And all the people lifted up their voice and wept.5 And behold, Saul came after the oxen from the field; and Saul said, What {aileth} the people that they weep? And they related to him the words of the men of Jabesh.6 And the Spirit of God came upon Saul when he heard those words, and his anger was kindled greatly.7 And he took a yoke of oxen and cut them in pieces, and sent throughout the territory of Israel by the hand of messengers, saying, Whoever comes not forth after Saul and after Samuel, so shall it be done to his oxen! And the fear of Jehovah fell on the people, and they came out as one man.8 And he numbered them in Bezek, and the children of Israel were three hundred thousand, and the men of Judah thirty thousand.9 And they said to the messengers that had come, Thus shall ye say to the men of Jabesh-Gilead: To-morrow ye shall have deliverance when the sun is hot. And the messengers came and informed the men of Jabesh-Gilead; and they were glad.10 And the men of Jabesh said, To-morrow we will come out to you, and ye may do with us according to all that is good in your sight.11 And it came to pass the next day that Saul set the people in three companies; and they came into the midst of the camp in the morning watch, and smote Ammon until the heat of the day: and it came to pass that they who remained were scattered, and not two of them were left together.12 And the people said to Samuel, Who is he that said, Shall Saul reign over us? bring the men, that we may put them to death.13 But Saul said, There shall not a man be put to death this day; for to-day Jehovah has wrought deliverance in Israel.14 And Samuel said to the people, Come and let us go to Gilgal, and renew the kingdom there.15 And all the people went to Gilgal; and there they made Saul king before Jehovah in Gilgal; and there they sacrificed peace-offerings before Jehovah. And there Saul and all the men of Israel rejoiced exceedingly.
1 En Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in G¡lead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as 'n skande op die hele Israel kan lê.3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.4 En die boodskappers het in G¡bea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.6 En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy die woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.7 En hy het 'n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie -- so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die HERE op die volk en hulle trek soos een man uit.8 En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was drie honderd duisend en die manne van Juda dertig duisend.9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in G¡lead sê: M"re as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.10 En die manne van Jabes sê: M"re sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.11 Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môre wag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.12 Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.13 Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die HERE 'n verlossing in Israel bewerk.14 Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die HERE in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die HERE geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.