1 And Jehovah spoke to Moses, saying,2 Speak unto the children of Israel, and say unto them, {Concerning} the set feasts of Jehovah, which ye shall proclaim as holy convocations-these are my set feasts.3 Six days shall work be done; but on the seventh day is the sabbath of rest, a holy convocation; no manner of work shall ye do: it is the sabbath to Jehovah in all your dwellings.4 These are the set feasts of Jehovah, holy convocations, which ye shall proclaim in their seasons:5 In the first month, on the fourteenth of the month, between the two evenings, is the passover to Jehovah.6 And on the fifteenth day of this month is the feast of unleavened bread to Jehovah; seven days shall ye eat unleavened bread.7 On the first day ye shall have a holy convocation: no manner of servile work shall ye do.8 And ye shall present to Jehovah an offering by fire seven days; on the seventh day is a holy convocation: no manner of servile work shall ye do.9 And Jehovah spoke to Moses, saying,10 Speak unto the children of Israel and say unto them, When ye come into the land that I give unto you, and ye reap the harvest thereof, then ye shall bring a sheaf of the first-fruits of your harvest unto the priest.11 And he shall wave the sheaf before Jehovah, to be accepted for you; on the next day after the sabbath the priest shall wave it.12 And ye shall offer that day when ye wave the sheaf, a he-lamb without blemish, a yearling, for a burnt-offering to Jehovah;13 and the oblation thereof: two tenths of fine flour mingled with oil, an offering by fire to Jehovah for a sweet odour; and the drink-offering thereof, of wine, a fourth part of a hin.14 And ye shall not eat bread, or roast corn, or green ears, until the same day that ye have brought the offering of your God: {it is} an everlasting statute throughout your generations in all your dwellings.15 And ye shall count from the morning after the sabbath, from the day that ye brought the sheaf of the wave-offering, seven weeks; they shall be complete;16 even unto the morning after the seventh sabbath shall ye count fifty days; and ye shall present a new oblation to Jehovah.17 Out of your dwellings shall ye bring two wave-loaves, of two tenths of fine flour; with leaven shall they be baken; {as} first-fruits to Jehovah.18 And ye shall present with the bread seven he-lambs without blemish, yearlings, and one young bullock, and two rams: they shall be a burnt-offering to Jehovah with their oblation, and their drink-offerings, an offering by fire of a sweet odour to Jehovah.19 And ye shall sacrifice one buck of the goats for a sin-offering, and two he-lambs, yearlings, for a sacrifice of peace-offering.20 And the priest shall wave them with the bread of the first-fruits as a wave-offering before Jehovah, with the two he-lambs; they shall be holy to Jehovah, for the priest.21 And ye shall make proclamation on that same day-a holy convocation shall it be unto you: no manner of servile work shall ye do: {it is} an everlasting statute in all your dwellings throughout your generations.22 And when ye reap the harvest of your land, thou shalt not in thy harvest entirely reap the corners of thy field, and the gleaning of thy harvest shalt thou not gather: thou shalt leave them unto the poor and to the stranger: I am Jehovah your God.23 And Jehovah spoke to Moses, saying,24 Speak unto the children of Israel, saying, In the seventh month, on the first of the month, shall ye have a rest, a memorial of blowing of trumpets, a holy convocation.25 No manner of servile work shall ye do; and ye shall present an offering by fire to Jehovah.26 And Jehovah spoke to Moses, saying,27 Also on the tenth of this seventh month is the day of the atonement: a holy convocation shall it be unto you; and ye shall afflict your souls, and present an offering by fire to Jehovah.28 And ye shall do no manner of work on that same day; for it is a day of atonement, to make atonement for you before Jehovah your God.29 For every soul that is not afflicted on that same day, shall be cut off from among his peoples.30 And every soul that doeth any manner of work on that same day, the same soul will I destroy from among his people.31 No manner of work shall ye do: {it is} an everlasting statute throughout your generations in all your dwellings.32 A sabbath of rest shall it be unto you; and ye shall afflict your souls. On the ninth of the month at even, from even unto even, shall ye celebrate your sabbath.33 And Jehovah spoke to Moses, saying,34 Speak unto the children of Israel, saying, On the fifteenth day of this seventh month is the feast of booths seven days to Jehovah.35 On the first day there shall be a holy convocation: no manner of servile work shall ye do.36 Seven days ye shall present an offering by fire to Jehovah; on the eighth day shall be a holy convocation unto you; and ye shall present an offering by fire to Jehovah: it is a solemn assembly; no manner of servile work shall ye do.37 These are the set feasts of Jehovah, which ye shall proclaim as holy convocations, to present an offering by fire to Jehovah, a burnt-offering, and an oblation, a sacrifice, and drink-offerings, everything upon its day;38 besides the sabbaths of Jehovah, and besides your gifts, and besides all your vows, and besides all your voluntary offerings, which ye give to Jehovah.39 But on the fifteenth day of the seventh month, when ye have gathered in the produce of the land, ye shall celebrate the feast of Jehovah seven days: on the first day there shall be rest, and on the eighth day there shall be rest.40 And ye shall take on the first day the fruit of beautiful trees, palm branches and the boughs of leafy trees, and willows of the brook; and ye shall rejoice before Jehovah your God seven days.41 And ye shall celebrate it as a feast to Jehovah seven days in the year: {it is} an everlasting statute throughout your generations; in the seventh month shall ye celebrate it.42 In booths shall ye dwell seven days; all born in Israel shall dwell in booths;43 that your generations may know that I caused the children of Israel to dwell in booths, when I brought them out of the land of Egypt: I am Jehovah your God.44 And Moses declared the set feasts of Jehovah to the children of Israel.
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; g,,n werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.9 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.11 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag n die sabbat moet die priester dit beweeg.12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin.14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.15 Dan moet julle tel van die dag n die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;16 tot die dag n die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; die moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.22 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.23 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.25 G,,n beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring.26 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.28 En op daardie selfde dag mag julle g,,n werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.30 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, die siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.31 Julle mag g,,n werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.32 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.33 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:34 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.35 Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.37 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;38 behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.41 En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.44 So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.