Publicidade

Levítico 16

1 And Jehovah spoke to Moses after the death of the two sons of Aaron, when they came near before Jehovah and died;2 and Jehovah said to Moses, Speak unto Aaron thy brother, that he come not at all times into the sanctuary inside the veil before the mercy-seat which is upon the ark, that he die not; for I will appear in the cloud upon the mercy-seat.3 In this manner shall Aaron come into the sanctuary: with a young bullock for a sin-offering, and a ram for a burnt-offering.4 A holy linen vest shall he put on, and linen trousers shall be upon his flesh, and he shall be girded with a linen girdle, and with the linen mitre shall he be attired: these are holy garments; and he shall bathe his flesh in water, and put them on.5 And of the assembly of the children of Israel shall he take two bucks of the goats for a sin-offering, and one ram for a burnt-offering.6 And Aaron shall present the bullock of the sin-offering, which is for himself, and make atonement for himself, and for his house.7 And he shall take the two goats, and set them before Jehovah, before the entrance of the tent of meeting.8 And Aaron shall cast lots upon the two goats: one lot for Jehovah, and the other lot for Azazel.9 And Aaron shall present the goat upon which the lot fell for Jehovah, and offer it {as} a sin-offering.10 And the goat upon which the lot fell for Azazel shall be set alive before Jehovah, to make atonement with it, to send it away as Azazel into the wilderness.11 And Aaron shall present the bullock of the sin-offering, which is for himself, and shall make atonement for himself and for his house, and shall slaughter the bullock of the sin-offering which is for himself.12 And he shall take the censer full of burning coals of fire from off the altar before Jehovah, and both his hands full of fragrant incense beaten small, and bring it inside the veil.13 And he shall put the incense upon the fire before Jehovah, that the cloud of the incense may cover the mercy-seat which is upon the testimony, that he die not.14 And he shall take of the blood of the bullock, and sprinkle with his finger upon the front of the mercy-seat eastward; and before the mercy-seat shall he sprinkle of the blood seven times with his finger.15 And he shall slaughter the goat of the sin-offering, which is for the people, and bring its blood inside the veil, and do with its blood as he did with the blood of the bullock, and sprinkle it upon the mercy-seat, and before the mercy-seat;16 and he shall make atonement for the sanctuary, {to cleanse it} from the uncleanness of the children of Israel, and from their transgressions in all their sins; and so shall he do for the tent of meeting which dwelleth among them in the midst of their uncleanness.17 And there shall be no man in the tent of meeting when he goeth in to make atonement in the sanctuary until he come out; and he shall make atonement for himself, and for his house, and for the whole congregation of Israel.18 And he shall go out unto the altar which is before Jehovah, and make atonement for it; and shall take of the blood of the bullock, and of the goat, and put it upon the horns of the altar round about;19 and he shall sprinkle upon it of the blood with his finger seven times, and cleanse it, and hallow it from the uncleannesses of the children of Israel.20 And when he hath ended making atonement for the sanctuary, and the tent of meeting, and the altar, he shall present the living goat;21 and Aaron shall lay both his hands on the head of the living goat, and confess over it all the iniquities of the children of Israel, and all their transgressions in all their sins, and he shall put them on the head of the goat, and shall send him away to the wilderness by the hand of a man standing ready;22 that the goat may bear upon him all their iniquities to a land apart {from men}; and he shall send away the goat into the wilderness.23 And Aaron shall go into the tent of meeting, and shall put off the linen garments, which he put on when he went into the sanctuary, and shall leave them there;24 and he shall bathe his flesh with water in a holy place, and put on his garments, and go forth, and offer his burnt-offering, and the burnt-offering of the people, and make atonement for himself, and for the people.25 And the fat of the sin-offering shall he burn upon the altar.26 And he that letteth go the goat for Azazel shall wash his clothes, and bathe his flesh in water; and afterwards he may come into the camp.27 And the bullock of the sin-offering, and the goat of the sin-offering whose blood was brought in to make atonement in the sanctuary, shall one carry forth outside the camp; and they shall burn with fire their skins, and their flesh, and their dung.28 And he that burneth them shall wash his clothes, and bathe his flesh in water; and afterwards he may come into the camp.29 And this shall be an everlasting statute unto you. In the seventh month, on the tenth of the month, ye shall afflict your souls, and do no work at all, the home-born, and the stranger that sojourneth among you;30 for on that day shall atonement be made for you, to cleanse you: from all your sins shall ye be clean before Jehovah.31 A sabbath of rest shall it be unto you, and ye shall afflict your souls: {it is} an everlasting statute.32 And the priest who hath been anointed, and who hath been consecrated, to exercise the priesthood in his father's stead, shall make atonement; and he shall put on the linen garments, the holy garments.33 And he shall make atonement for the holy sanctuary; and for the tent of meeting, and for the altar shall he make atonement; and for the priests, and for the whole people of the congregation shall he make atonement.34 And this shall be an everlasting statute unto you, to make atonement for the children of Israel {to cleanse them} from all their sins once a year. And he did as Jehovah had commanded Moses.

1 En die HERE het met Moses gespreek n die dood van die twee seuns van A„ron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer A„ron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.3 Hiermee moet A„ron in die heiligdom ingaan: met 'n jong bul as sondoffer en 'n ram as brandoffer.4 Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.5 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.6 Dan moet A„ron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.8 En A„ron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir As sel.9 Dan moet A„ron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;10 maar die bok waar die lot vir As sel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir As sel in die woestyn te stuur.11 A„ron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,12 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.16 So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.17 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.20 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;21 en A„ron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet die op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.22 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na 'n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.23 Dan moet A„ron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.24 En hy moet sy liggaam op 'n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.25 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.26 En hy wat die bok vir As sel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.29 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en g,,n werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.31 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is 'n ewige insetting.32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek33 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.34 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-