1 And Jehovah spoke to Moses and to Aaron, saying,2 Speak unto the children of Israel, and say unto them, If any man have a flux from his flesh, because of his flux he is unclean.3 And this shall be his uncleanness in his flux: whether his flesh run with his flux, or his flesh be closed from his flux, it is his uncleanness.4 Every bed whereon he lieth that hath the flux shall be unclean; and every object on which he sitteth shall be unclean.5 And whoever toucheth his bed shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.6 And he that sitteth on any object whereon he sat that hath the flux shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.7 And he that toucheth the flesh of him that hath the flux shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.8 And if he that hath the flux spit upon him that is clean, then he shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.9 And what carriage soever he rideth upon that hath the flux shall be unclean.10 And whoever toucheth anything that was under him shall be unclean until the even; and he that carrieth them shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.11 And whomsoever he toucheth who hath the flux and hath not rinsed his hands in water-he shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.12 And the vessel of earth that he toucheth who hath the flux shall be broken; and every vessel of wood shall be rinsed in water.13 And when he that hath a flux is clean of his flux, then he shall count seven days for his cleansing, and wash his clothes, and bathe his flesh in running water, and he shall be clean.14 And on the eighth day he shall take two turtle-doves, or two young pigeons, and come before Jehovah unto the entrance of the tent of meeting, and give them unto the priest.15 And the priest shall offer them, one as a sin-offering, and one as a burnt-offering; and the priest shall make atonement for him before Jehovah for his flux.16 And if any man's seed of copulation pass from him, then he shall bathe his whole flesh in water, and be unclean until the even.17 And every garment, and every skin, whereon the seed of copulation shall be, shall be washed with water, and be unclean until the even.18 And a woman with whom a man lieth with seed of copulation-they shall bathe in water, and be unclean until the even.19 And if a woman have a flux, and her flux in her flesh be blood, she shall be seven days in her separation, and whoever toucheth her shall be unclean until the even.20 And everything that she lieth upon in her separation shall be unclean; and everything that she sitteth upon shall be unclean.21 And whoever toucheth her bed shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.22 And whoever toucheth any object that she sat upon shall wash his garments, and bathe in water, and be unclean until the even.23 And if it be on the bed, or on anything whereon she sitteth, when he toucheth it, he shall be unclean until the even.24 And if a man lie with her at all, and the uncleanness of her separation come upon him, he shall be unclean seven days; and every bed whereon he lieth shall be unclean.25 And if a woman have her flux of blood many days out of the time of her separation, or if she have the flux beyond the time of her separation, all the days of the flux of her uncleanness shall she be as {in} the days of her separation: she is unclean.26 Every bed whereon she lieth all the days of her flux shall be unto her as the bed of her separation; and every object on which she sitteth shall be unclean, according to the uncleanness of her separation.27 And whoever toucheth them shall be unclean, and shall wash his clothes, and bathe in water, and be unclean until the even.28 And if she be cleansed of her flux then she shall count seven days, and after that she shall be clean.29 And on the eighth day she shall take two turtle-doves, or two young pigeons, and bring them unto the priest, unto the entrance of the tent of meeting.30 And the priest shall offer the one as a sin-offering, and the other as a burnt-offering; and the priest shall make atonement for her before Jehovah for the flux of her uncleanness.31 And ye shall separate the children of Israel from their uncleanness, that they die not in their uncleanness, when they defile my tabernacle that is in their midst.32 This is the law for him that hath a flux, and for the one whose seed of copulation goeth from him, and who is defiled therewith:33 and for a woman who is sick in her separation, and for him that hath his flux; for the man and for the woman, and for him that lieth with her that is unclean.
1 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is die vog onrein.3 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.4 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.8 En as hy wat die vloeiing het, op 'n reine spuug, moet die een sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hom is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, die een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.12 Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel n sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en die aan die priester gee;15 en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.16 En as daar van 'n man 'n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.18 En wat die vrou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.19 En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.20 En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;23 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.24 En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.25 En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: die een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.28 Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en die by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.30 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.31 So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.32 Dit is die wet vir hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;33 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.