1 And the sons of Aaron, Nadab and Abihu, took each of them his censer, and put fire in it, and put incense on it, and presented strange fire before Jehovah, which he had not commanded them.2 And there went out fire from before Jehovah, and devoured them, and they died before Jehovah.3 And Moses said to Aaron, This is what Jehovah spoke, saying, I will be hallowed in them that come near me, and before all the people I will be glorified. And Aaron was silent.4 And Moses called Mishael and Elzaphan, the sons of Uzziel the uncle of Aaron, and said to them, Come near, carry your brethren from before the sanctuary out of the camp.5 And they went near, and carried them in their vests out of the camp, as Moses had said.6 And Moses said to Aaron, and to Eleazar and to Ithamar his sons, Your heads shall ye not uncover, neither rend your clothes; lest ye die, and lest wrath come on all the assembly; but your brethren, the whole house of Israel, shall bewail the burning which Jehovah hath kindled.7 And ye shall not go out from the entrance of the tent of meeting, lest ye die; for the anointing oil of Jehovah is upon you. And they did according to the word of Moses.8 And Jehovah spoke to Aaron, saying,9 Thou shalt not drink wine nor strong drink, thou, and thy sons with thee, when ye go into the tent of meeting, lest ye die-{it is} an everlasting statute throughout your generations,10 that ye may put difference between the holy and the unholy, and between unclean and clean,11 and that ye may teach the children of Israel all the statutes which Jehovah hath spoken to them by the hand of Moses.12 And Moses spoke to Aaron, and to Eleazar and to Ithamar, his sons that were left, Take the oblation that is left of Jehovah's offerings by fire, and eat it with unleavened bread beside the altar; for it is most holy.13 And ye shall eat it in a holy place, because it is thy due, and thy sons' due, of Jehovah's offerings by fire; for so I am commanded.14 And the breast of the wave-offering, and the shoulder of the heave-offering shall ye eat in a clean place, thou, and thy sons, and thy daughters with thee; for {as} thy due, and thy sons' due, are they given of the sacrifices of peace-offerings of the children of Israel.15 The shoulder of the heave-offering and the breast of the wave-offering shall they bring, with the fire-offering of the pieces of fat, to wave {them} as a wave-offering before Jehovah; and they shall be thine, and thy sons' with thee, for an everlasting statute, as Jehovah has commanded.16 And Moses diligently sought the goat of the sin-offering, and behold, it was burnt up: then he was wroth with Eleazar and Ithamar, the sons of Aaron that were left, saying,17 Why have ye not eaten the sin-offering in a holy place? for it is most holy, and he has given it to you that ye might bear the iniquity of the assembly, to make atonement for them before Jehovah.18 Lo, its blood was not brought in within the sanctuary: ye should certainly have eaten it in the sanctuary, as I commanded.19 And Aaron said to Moses, Behold, to-day have they presented their sin-offering and their burnt-offering before Jehovah; and such things have befallen me; and had I to-day eaten the sin-offering, would it have been good in the sight of Jehovah?20 And Moses heard it; and it was good in his sight.
1 En die seuns van A„ron, Nadab en Ab¡hu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.3 Toe sê Moses vir A„ron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar A„ron het stilgebly.4 En Moses het M¡sael en Âlsafan, die seuns van Uss¡ël, die oom van A„ron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.6 Daarop sê Moses aan A„ron en sy seuns Ele sar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.8 En die HERE het met A„ron gespreek en gesê:9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;10 en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.12 En Moses het met A„ron gespreek en met sy seuns Ele sar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.13 Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee.14 Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op 'n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.15 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.16 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Ele sar en Itamar, die seuns van A„ron wat oorgebly het; en hy het gesê:17 Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.18 Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet het soos ek beveel het.19 Toe sê A„ron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?20 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.