Publicidade

Provérbios 14

1 The wisdom of women buildeth their house; but folly plucketh it down with her hands.2 He that walketh in his uprightness feareth Jehovah; but he that is perverted in his ways despiseth him.3 In the fool's mouth is a rod of pride; but the lips of the wise shall preserve them.4 Where no oxen are, the crib is clean; but much increase is by the strength of the ox.5 A faithful witness will not lie; but a false witness uttereth lies.6 A scorner seeketh wisdom, and there is none {for him}; but knowledge is easy unto the intelligent.7 Go from the presence of a foolish man, in whom thou perceivest not the lips of knowledge.8 The wisdom of the prudent is to discern his way; but the folly of the foolish is deceit.9 Fools make a mock at trespass; but for the upright there is favour.10 The heart knoweth its own bitterness, and a stranger doth not intermeddle with its joy.11 The house of the wicked shall be overthrown; but the tent of the upright shall flourish.12 There is a way that seemeth right unto a man, but the end thereof is the ways of death.13 Even in laughter the heart is sorrowful, and the end of mirth is sadness.14 The backslider in heart shall be filled with his own ways, and the good man from what is in himself.15 The simple believeth every word; but the prudent {man} heedeth his going.16 A wise {man} feareth and departeth from evil; but the foolish is overbearing and confident.17 He that is soon angry dealeth foolishly, and a man of mischievous devices is hated.18 The simple inherit folly; but the prudent are crowned with knowledge.19 The evil bow before the good, and the wicked at the gates of the righteous {man}.20 He that is poor is hated even of his own neighbour; but the rich hath many friends.21 He that despiseth his neighbour sinneth; but he that is gracious to the afflicted, happy is he.22 Do they not err that devise evil? but loving-kindness and truth are for those that devise good.23 In all labour there is profit; but the talk of the lips {tendeth} only to want.24 The crown of the wise is their riches; the folly of the foolish is folly.25 A true witness delivereth souls; but deceit uttereth lies.26 In the fear of Jehovah is strong confidence, and his children shall have a place of refuge.27 The fear of Jehovah is a fountain of life, to turn away from the snares of death.28 In the multitude of people is the king's glory; but in the lack of people is the ruin of a prince.29 He that is slow to anger is of great understanding; but he that is hasty of spirit exalteth folly.30 A sound heart is the life of the flesh; but envy the rottenness of the bones.31 He that oppresseth the poor reproacheth his Maker; but he that honoureth Him is gracious to the needy.32 The wicked is driven away by his evil-doing; but the righteous trusteth, {even} in his death.33 Wisdom resteth in the heart of the intelligent {man}; but that which is in the foolish maketh itself known.34 Righteousness exalteth a nation; but sin is a reproach to peoples.35 The king's favour is toward a wise servant; but his wrath is {against} him that causeth shame.

1 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.3 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.5 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.7 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.18 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.25 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.26 In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.27 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.28 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.30 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.34 Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.35 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-