Publicidade

Provérbios 10

1 The Proverbs of Solomon. A wise son maketh a glad father; but a foolish son is the grief of his mother.2 Treasures of wickedness profit nothing; but righteousness delivereth from death.3 Jehovah suffereth not the soul of the righteous {man} to famish; but he repelleth the craving of the wicked.4 He cometh to want that dealeth with a slack hand; but the hand of the diligent maketh rich.5 He that gathereth in summer is a wise son; he that sleepeth in harvest is a son that causeth shame.6 Blessings are upon the head of a righteous {man}; but the mouth of the wicked covereth violence.7 The memory of the righteous {man} shall be blessed; but the name of the wicked shall rot.8 The wise in heart receiveth commandments; but a prating fool shall fall.9 He that walketh in integrity walketh securely; but he that perverteth his ways shall be known.10 He that winketh with the eye causeth grief, and a prating fool shall fall.11 The mouth of a righteous {man} is a fountain of life; but the mouth of the wicked covereth violence.12 Hatred stirreth up strifes; but love covereth all transgressions.13 In the lips of an intelligent {man} wisdom is found; but a rod is for the back of him that is void of understanding.14 The wise lay up knowledge; but the mouth of the fool is near destruction.15 The rich man's wealth is his strong city; the destruction of the poor is their poverty.16 The labour of a righteous {man} {tendeth} to life; the revenue of a wicked {man}, to sin.17 Keeping instruction is the path to life; but he that forsaketh reproof goeth astray.18 He that covereth hatred hath lying lips, and he that sendeth forth a slander is a fool.19 In the multitude of words there wanteth not transgression; but he that restraineth his lips doeth wisely.20 The tongue of the righteous {man} is {as} choice silver; the heart of the wicked is little worth.21 The lips of a righteous {man} feed many; but fools die for want of understanding.22 The blessing of Jehovah, it maketh rich, and he addeth no sorrow to it.23 It is as sport to a foolish {man} to do wickedness; but a man of understanding hath wisdom.24 The fear of a wicked {man}, it shall come upon him; but the desire of the righteous shall be granted.25 As a whirlwind passeth, so is the wicked no {more}; but the righteous is an everlasting foundation.26 As vinegar to the teeth, and as smoke to the eyes, so is the sluggard to them that send him.27 The fear of Jehovah prolongeth days; but the years of the wicked shall be shortened.28 The hope of the righteous is joy; but the expectation of the wicked shall perish.29 The way of Jehovah is strength to the perfect {man}, but destruction to the workers of iniquity.30 The righteous {man} shall never be moved; but the wicked shall not inhabit the land.31 The mouth of a righteous {man} putteth forth wisdom; but the froward tongue shall be cut out.32 The lips of a righteous {man} know what is acceptable; but the mouth of the wicked is frowardness.

1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.3 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.4 Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.5 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.11 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.22 Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.23 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.24 Waar die goddelose bang voor is -- dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.25 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.27 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.29 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-