1 The word of Jehovah that came to Joel the son of Pethuel.2 Hear this, ye old men, and give ear, all ye inhabitants of the land. Hath this been in your days, or even in the days of your fathers?3 Tell your children of it, and {let} your children {tell} their children, and their children another generation:4 that which the palmer-worm hath left hath the locust eaten; and that which the locust hath left hath the cankerworm eaten; and that which the cankerworm hath left hath the caterpillar eaten.5 Awake, ye drunkards, and weep; and howl, all ye drinkers of wine, because of the new wine: for it is cut off from your mouth.6 For a nation is come up upon my land, strong and without number: his teeth are the teeth of a lion, and he hath the cheek teeth of a lioness.7 He hath made my vine a desolation, and barked my fig-tree; he hath made it clean bare, and cast it away: its branches are made white.8 Wail like a virgin girded with sackcloth for the husband of her youth.9 The oblation and the drink-offering are cut off from the house of Jehovah; the priests, Jehovah's ministers, mourn.10 The field is laid waste, the land mourneth; for the corn is wasted, the new wine is dried up, the oil languisheth.11 Be ashamed, ye husbandmen; howl, ye vinedressers, for the wheat and for the barley: because the harvest of the field hath perished.12 The vine is dried up, and the fig-tree languisheth; the pomegranate-tree, the palm also and the apple-tree; all the trees of the field are withered, yea, joy is withered away from the children of men.13 Gird yourselves, and lament, ye priests; howl, ministers of the altar; come, lie all night in sackcloth, ye ministers of my God: for the oblation and the drink-offering are withholden from the house of your God.14 Hallow a fast, proclaim a solemn assembly, gather the elders, {and} all the inhabitants of the land to the house of Jehovah your God, and cry unto Jehovah.15 Alas for the day! for the day of Jehovah is at hand, and as destruction from the Almighty shall it come.16 Is not the food cut off before our eyes, joy and gladness from the house of our God?17 The seeds are rotten under their clods, the granaries are laid desolate, the barns are broken down; for the corn is withered.18 How do the beasts groan! The herds of cattle are bewildered, for they have no pasture; the flocks of sheep also are in suffering.19 To thee, Jehovah, do I cry; for the fire hath devoured the pastures of the wilderness, and the flame hath burned up all the trees of the field.20 The beasts of the field also cry unto thee; for the water-courses are dried, and the fire hath devoured the pastures of the wilderness.
1 Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van P,tuel, gekom het.2 Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?3 Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en hulle kinders aan die volgende geslag:4 Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.5 Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.6 Want 'n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos 'n leeuin.7 Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het l sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.8 Weeklaag soos 'n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met 'n roukleed omgord is.9 Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.10 Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.11 Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.12 Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.13 Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.14 Heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.15 Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos 'n verwoesting van die Almagtige.16 Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?17 Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.18 Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.19 Tot U, o HERE, roep ek, want 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en 'n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.20 Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.