1 If I speak with the tongues of men and of angels, but have not love, I am become sounding brass or a clanging cymbal.2 And if I have prophecy, and know all mysteries and all knowledge, and if I have all faith, so as to remove mountains, but have not love, I am nothing.3 And if I shall dole out all my goods in food, and if I deliver up my body that I may be burned, but have not love, I profit nothing.4 Love has long patience, is kind; love is not emulous {of others}; love is not insolent and rash, is not puffed up,5 does not behave in an unseemly manner, does not seek what is its own, is not quickly provoked, does not impute evil,6 does not rejoice at iniquity but rejoices with the truth,7 bears all things, believes all things, hopes all things, endures all things.8 Love never fails; but whether prophecies, they shall be done away; or tongues, they shall cease; or knowledge, it shall be done away.9 For we know in part, and we prophesy in part:10 but when that which is perfect has come, that which is in part shall be done away.11 When I was a child, I spoke as a child, I felt as a child, I reasoned as a child; when I became a man, I had done with what belonged to the child.12 For we see now through a dim window obscurely, but then face to face; now I know partially, but then I shall know according as I also have been known.13 And now abide faith, hope, love; these three things; and the greater of these {is} love.
1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë -- hulle sal tot niet gaan; of tale -- hulle sal ophou; of kennis -- dit sal tot niet gaan.9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.13 En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.