1 And *I*, when I came to you, brethren, came not in excellency of word, or wisdom, announcing to you the testimony of God.2 For I did not judge {it well} to know anything among you save Jesus Christ, and *him* crucified.3 And *I* was with you in weakness and in fear and in much trembling;4 and my word and my preaching, not in persuasive words of wisdom, but in demonstration of {the} Spirit and of power;5 that your faith might not stand in men's wisdom, but in God's power.6 But we speak wisdom among the perfect; but wisdom not of this world, nor of the rulers of this world, who come to nought.7 But we speak God's wisdom in {a} mystery, that hidden {wisdom} which God had predetermined before the ages for our glory:8 which none of the princes of this age knew, (for had they known, they would not have crucified the Lord of glory;)9 but according as it is written, Things which eye has not seen, and ear not heard, and which have not come into man's heart, which God has prepared for them that love him,10 but God has revealed to us by {his} Spirit; for the Spirit searches all things, even the depths of God.11 For who of men hath known the things of a man except the spirit of the man which is in him? thus also the things of God knows no one except the Spirit of God.12 But *we* have received, not the spirit of the world, but the Spirit which {is} of God, that we may know the things which have been freely given to us of God:13 which also we speak, not in words taught by human wisdom, but in those taught by the Spirit, communicating spiritual {things} by spiritual {means}.14 But {the} natural man does not receive the things of the Spirit of God, for they are folly to him; and he cannot know {them} because they are spiritually discerned;15 but the spiritual discerns all things, and *he* is discerned of no one.16 For who has known the mind of {the} Lord, who shall instruct him? But *we* have the mind of Christ.
1 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.3 Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.6 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie -- want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie --9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.11 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.