1 The burden of Nineveh. The book of the vision of Nahum the Elkoshite.2 A jealous and avenging *God is Jehovah: an avenger is Jehovah, and full of fury: Jehovah taketh vengeance on his adversaries, and he reserveth {wrath} for his enemies.3 Jehovah is slow to anger, and great in power, and doth not at all clear {the guilty}: Jehovah, -his way is in the whirlwind and in the storm, and the clouds are the dust of his feet.4 He rebuketh the sea, and maketh it dry, and drieth up all the rivers: Bashan languisheth, and Carmel, and the flower of Lebanon languisheth.5 The mountains quake before him, and the hills melt, and the earth is upheaved at his presence, and the world, and all that dwell therein.6 Who shall stand before his indignation? and who shall abide in the fierceness of his anger? His fury is poured out like fire, and the rocks are broken asunder by him.7 Jehovah is good, a stronghold in the day of trouble; and he knoweth them that trust in him.8 But with an overrunning flood he will make a full end of the place thereof, and darkness shall pursue his enemies.9 What do ye imagine against Jehovah? He will make a full end: trouble shall not rise up the second time.10 Though they be tangled together {as} thorns, and be as drenched from their drink, they shall be devoured as dry stubble, completely.11 Out of thee is gone forth one that imagineth evil against Jehovah, a wicked counsellor.12 Thus saith Jehovah: Though they be complete in number, and many as they be, even so shall they be cut down, and he shall pass away; and though I have afflicted thee, I will afflict thee no more.13 And now will I break his yoke from off thee, and will burst thy bonds asunder.14 And Jehovah hath given commandment concerning thee, that no more of thy name be sown: out of the house of thy god will I cut off the graven image, and the molten image: I will prepare thy grave; for thou art vile.15 Behold upon the mountains the feet of him that bringeth glad tidings, that publisheth peace! Celebrate thy feasts, Judah, perform thy vows: for the wicked one shall no more pass through thee; he is utterly cut off.
1 Godspraak oor Ninev,. Die boek van die gesig van Nahum, die Âlkosiet.2 'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.3 Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.4 Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die L¡banon verwelk.5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.7 Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.8 Maar met 'n oorstromende vloed maak Hy 'n einde aan die plek van die stad, en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.9 Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.10 Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat -- hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.11 Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die HERE beraam het, wat verderflike planne gemaak het.12 So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en so groot in getal, tog sal hulle net so afgemaai word en vergaan. Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;13 maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.14 Maar die HERE sal dit oor jou verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind.15 Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!