Publicidade

Neemias 4

1 And it came to pass that when Sanballat heard that we built the wall, he was angry and very indignant, and mocked the Jews.2 And he spoke before his brethren and the army of Samaria, and said, What do these feeble Jews? shall they be permitted to go on? Will they offer sacrifices? Will they finish in a day? Will they revive the stones out of the heaps of rubbish, when they are burned?3 And Tobijah the Ammonite was by him, and he said, Even that which they build, if a fox went up, it would break down their stone wall. -4 Hear, our God, for we are despised, and turn their reproach upon their own head, and give them for a prey in a land of captivity!5 And cover not their iniquity, and let not their sin be blotted out from before thee; for they have provoked the builders.6 But we built the wall; and all the wall was joined together to the half thereof; for the people had a mind to work.7 And it came to pass, when Sanballat, and Tobijah, and the Arabians, and the Ammonites, and the Ashdodites heard that the walls of Jerusalem were being repaired, that the breaches began to be stopped, then they were very wroth,8 and conspired all of them together to come to fight against Jerusalem, and to hinder it.9 Then we prayed to our God, and set a watch against them day and night, because of them.10 And Judah said, The strength of the bearers of burdens faileth, and there is much rubbish; so that we are not able to build at the wall.11 And our adversaries said, They shall not know, neither see, till we come into the midst of them and kill them, and put an end to the work.12 And it came to pass that when the Jews that dwelt by them came and told us so ten times, from all the places whence they returned to us,13 I set in the lower places behind the wall in exposed places, I even set the people, according to their families, with their swords, their spears and their bows.14 And I looked, and rose up, and said to the nobles, and to the rulers, and to the rest of the people, Be not afraid of them: remember the Lord who is great and terrible, and fight for your brethren, your sons and your daughters, your wives and your houses.15 And it came to pass that when our enemies heard that it was known to us, and that God had defeated their counsel, we returned all of us to the wall, every one to his work.16 And from that time forth the half of my servants wrought in the work, and the other half of them held the spears, and the shields, and the bows, and the corslets; and the captains were behind all the house of Judah.17 They that built on the wall, and they that bore burdens, with those that loaded, wrought in the work with one hand, and with the other they held a weapon.18 And the builders had every one his sword girded by his side, and built. And he that sounded the trumpet was by me.19 And I said to the nobles, and to the rulers, and to the rest of the people, The work is great and extended, and we are scattered upon the wall, one far from another:20 in what place ye hear the sound of the trumpet, thither shall ye assemble to us; our God will fight for us.21 And we laboured in the work; and half of them held the spears from the rising of the dawn till the stars appeared.22 Likewise at the same time I said to the people, Let every one with his servant lodge within Jerusalem, that in the night they may be a guard to us, and {be for} labour in the day.23 And neither I, nor my brethren, nor my servants, nor the men of the guard that followed me, none of us put off our garments: every one had his weapon on his right side.

1 Maar toe Sanb llat hoor dat ons die muur bou, het hy kwaad geword en hom baie geërg, en hy het met die Jode gespot2 en voor sy broers en die leër van Samar¡a gespreek en gesê: Wat maak die magtelose Jode? Sal 'n mens hulle laat begaan? Sal hulle offer? Sal hulle dit vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand verniel?3 En Tob¡a, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou -- as 'n jakkals daarteen opspring, sal hy hulle klipmuur omgooi!4 Hoor, onse God, dat ons 'n veragting geword het; en bring hulle smaad op hulle hoof terug en gee hulle oor aan plundering in 'n land van gevangenskap.5 En dek hulle ongeregtigheid nie toe nie, en laat hulle sonde nie uitgedelg word voor u aangesig nie; want hulle het U geterg teenoor die bouers.6 Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.7 Maar toe Sanb llat en Tob¡a en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.8 En hulle het almal met mekaar 'n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en daar verwarring te stig.9 Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil 'n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.10 Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.11 En ons teëstanders het gesê: Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en 'n einde maak aan die werk.12 En toe die Jode wat by hulle gewoon het, inkom en wel tien maal, uit al die plekke, aan ons sê: Julle moet na ons toe terugkom --13 het ek op die laagste plekke agter die muur, op die kaal plekke, manskappe opgestel -- ek het die volk opgestel volgens hulle geslagte met hul swaarde, hul spiese en hul boë.14 En ek het dit gesien en my opgerig en aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte HERE, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.15 En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.16 En van die dag af was die helfte van my mense besig met die werk, en die ander helfte het die spiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het.17 Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.19 En ek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, die een ver van die ander af.20 Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; onse God sal vir ons stry.21 En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.22 Ook het ek in die tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag 'n wag kan wees en oordag 'n werkkrag.23 Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie -- elkeen met sy wapen en water.

Veja também

Publicidade
Neemias
Ver todos os capítulos de Neemias
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-