1 And God remembered Noah, and all the animals, and all the cattle that were with him in the ark; and God made a wind to pass over the earth, and the waters subsided.2 And the fountains of the deep and the windows of heaven were closed, and the pour of rain from heaven was stopped.3 And the waters retired from the earth, continually retiring; and in the course of a hundred and fifty days the waters abated.4 And the ark rested in the seventh month, on the seventeenth day of the month, on the mountains of Ararat.5 And the waters abated continually until the tenth month: in the tenth {month}, on the first of the month, the tops of the mountains were seen.6 And it came to pass at the end of forty days that Noah opened the window of the ark which he had made.7 And he sent out the raven, which went forth going to and fro, until the waters were dried from the earth.8 And he sent out the dove from him, to see if the waters had become low on the ground.9 But the dove found no resting-place for the sole of her foot, and returned to him into the ark; for the waters were on the whole earth; and he put forth his hand, and took her, and brought her to him into the ark.10 And he waited yet other seven days, and again he sent forth the dove out of the ark.11 And the dove came to him at eventide; and behold, in her beak was an olive-leaf plucked off; and Noah knew that the waters had become low on the earth.12 And he waited yet other seven days, and sent forth the dove; but she returned no more to him.13 And it came to pass in the six hundred and first year, in the first {month}, on the first of the month, that the waters were dried up from the earth. And Noah removed the covering of the ark, and looked, and behold, the surface of the ground was dried.14 And in the second month, on the twenty-seventh day of the month, the earth was dry.15 And God spoke to Noah, saying,16 Go out of the ark, thou, and thy wife, and thy sons, and thy sons' wives with thee.17 Bring forth with thee every animal which is with thee, of all flesh, fowl as well as cattle, and all the creeping things which creep on the earth, that they may swarm on the earth, and may be fruitful and multiply on the earth.18 And Noah went out, and his sons, and his wife, and his sons' wives with him.19 All the animals, all the creeping things, and all the fowl-everything that moves on the earth, after their kinds, went out of the ark.20 And Noah built an altar to Jehovah; and took of every clean animal, and of all clean fowl, and offered up burnt-offerings on the altar.21 And Jehovah smelled the sweet odour. And Jehovah said in his heart, I will no more henceforth curse the ground on account of Man, for the thought of Man's heart is evil from his youth; and I will no more smite every living thing, as I have done.22 Henceforth, all the days of the earth, seed {time} and harvest, and cold and heat, and summer and winter, and day and night, shall not cease.
1 En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,7 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.8 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.13 In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog --14 in die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog.15 En God het met Noag gespreek en gesê:16 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.20 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.22 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.