1 And Jehovah appeared to him by the oaks of Mamre. And he sat at the tent-door in the heat of the day.2 And he lifted up his eyes and saw, and behold, three men standing near him. And when he saw {them}, he ran to meet them from the tent-door, and bowed himself to the earth,3 and said, Lord, if now I have found favour in thine eyes, pass not away, I pray thee, from thy servant.4 Let now a little water be fetched, that ye may wash your feet, and rest yourselves under the tree.5 And I will fetch a morsel of bread; and refresh yourselves; after that ye shall pass on; for therefore have ye passed on towards your servant. And they said, So do as thou hast said.6 And Abraham hastened into the tent to Sarah, and said, Knead quickly three seahs of wheaten flour, and make cakes.7 And Abraham ran to the herd, and took a calf tender and good, and gave {it} to the attendant; and he hasted to dress it.8 And he took thick and sweet milk, and the calf that he had dressed, and set {it} before them; and he stood before them under the tree, and they ate.9 And they said to him, Where is Sarah thy wife? And he said, Behold, in the tent.10 And he said, I will certainly return to thee at {this} time of the year, and behold, Sarah thy wife shall have a son. And Sarah was listening at the tent-door, which was behind him.11 Now Abraham and Sarah were old {and} advanced in age: it had ceased to be with Sarah after the manner of women.12 And Sarah laughed within herself, saying, After I am become old, shall I have pleasure, and my lord old?13 And Jehovah said to Abraham, Why is this, that Sarah laughs, saying, Shall I indeed bear, when I am become old?14 Is {any} matter too wonderful for Jehovah? At the time appointed I will return to thee, at {this} time of the year, and Sarah shall have a son.15 And Sarah denied, saying, I did not laugh; for she was afraid. And he said, No; but thou didst laugh.16 And the men rose up thence, and looked toward Sodom; and Abraham went with them to conduct them.17 And Jehovah said, Shall I hide from Abraham what I am doing?18 Since Abraham shall indeed become a great and mighty nation; and all the nations of the earth shall be blessed in him.19 For I know him that he will command his children and his household after him, and they shall keep the way of Jehovah, to do righteousness and justice, in order that Jehovah may bring upon Abraham what he hath spoken of him.20 And Jehovah said, Because the cry of Sodom and Gomorrah is great and their sin is very grievous,21 I will go down now, and see whether they have done altogether according to the cry of it, which is come to me; and if not, I will know {it}.22 And the men turned thence, and went towards Sodom; and Abraham remained yet standing before Jehovah.23 And Abraham drew near, and said, Wilt thou also cause the righteous to perish with the wicked?24 There are perhaps fifty righteous within the city: wilt thou also destroy and not forgive the place for the sake of the fifty righteous that are therein?25 Far be it from thee to do so, to slay the righteous with the wicked, that the righteous should be as the wicked-far be it from thee! Will not the Judge of all the earth do right?26 And Jehovah said, If I find at Sodom fifty righteous within the city, then I will forgive all the place for their sakes.27 And Abraham answered and said, Behold now, I have ventured to speak unto the Lord; I, who am dust and ashes.28 Perhaps there may want five of the fifty righteous: wilt thou destroy all the city on account of the five? And he said, If I shall find forty-five there, I will not destroy {it}.29 And he continued yet to speak with him, and said, Perhaps there may be forty found there. And he said, I will not do it for the forty's sake.30 And he said, Oh, let not the Lord be angry that I speak! Perhaps there may be thirty found there. And he said, I will not do it if I find thirty there.31 And he said, Behold now, I have ventured to speak with the Lord. Perhaps there may be twenty found there. And he said, I will not destroy {it} for the twenty's sake.32 And he said, Oh, let not the Lord be angry, that I speak yet but this time! Perhaps there may be ten found there. And he said, I will not destroy {it} for the ten's sake.33 And Jehovah went away when he had ended speaking to Abraham; and Abraham returned to his place.
1 Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.2 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.3 En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.4 Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom.5 En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart -- daarna kan u verder gaan -- want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.7 Daarop loop Abraham na die beeste en vang 'n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.8 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.9 Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent.10 En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom -- dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.11 Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie.12 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?13 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?14 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.15 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie -- want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.16 Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.17 Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,18 terwyl Abraham tog sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseënsal word?19 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis n hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.20 Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE.23 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?26 Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.27 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is.28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie.29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.30 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.32 Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.33 En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.