1 And it came to pass at the end of two full years, that Pharaoh dreamed, and behold, he stood by the river.2 And behold, there came up out of the river seven kine, fine-looking and fat-fleshed, and they fed in the reed-grass.3 And behold, seven other kine came up after them out of the river, bad-looking and lean-fleshed, and stood by the kine on the bank of the river.4 And the kine that were bad-looking and lean-fleshed ate up the seven kine that were fine-looking and fat. And Pharaoh awoke.5 And he slept and dreamed the second time; and behold, seven ears of corn grew up on one stalk, fat and good.6 And behold, seven ears, thin and parched with the east wind, sprung up after them.7 And the thin ears devoured the seven fat and full ears. And Pharaoh awoke; and behold, it was a dream.8 And it came to pass in the morning, that his spirit was troubled; and he sent and called for all the scribes of Egypt, and all the sages who were therein, and Pharaoh told them his dream; but {there was} none to interpret them to Pharaoh.9 Then spoke the chief of the cup-bearers to Pharaoh, saying, I remember mine offences this day.10 Pharaoh was wroth with his bondmen, and put me in custody into the captain of the life-guard's house, me and the chief of the bakers.11 And we dreamed a dream in one night, I and he; we dreamed each according to the interpretation of his dream.12 And there was there with us a Hebrew youth, a bondman of the captain of the life-guard, to whom we told {them}, and he interpreted to us our dreams; to each he interpreted according to his dream.13 And it came to pass, just as he interpreted to us, so it came about: me has he restored to my office, and him he hanged.14 Then Pharaoh sent and called Joseph; and they brought him hastily out of the dungeon. And he shaved {himself}, and changed his clothes, and came in to Pharaoh.15 And Pharaoh said to Joseph, I have dreamt a dream, and there is none to interpret it. And I have heard say of thee, thou understandest a dream to interpret it.16 And Joseph answered Pharaoh, saying, It is not in me: God will give Pharaoh an answer of peace.17 And Pharaoh said to Joseph, In my dream, behold, I stood on the bank of the river.18 And behold, there came up out of the river seven kine, fat-fleshed and of fine form, and they fed in the reed-grass.19 And behold, seven other kine came up after them, poor, and very ill-formed, and lean-fleshed-such as I never saw in all the land of Egypt for badness.20 And the lean and bad kine ate up the seven first fat kine;21 and they came into their belly, and it could not be known that they had come into their belly; and their look was bad, as at the beginning. And I awoke.22 And I saw in my dream, and behold, seven ears came up on one stalk, full and good.23 And behold, seven ears, withered, thin, parched with the east wind, sprung up after them;24 and the thin ears devoured the seven good ears. And I told it to the scribes; but there was none to make it known to me.25 And Joseph said to Pharaoh, The dream of Pharaoh is one. What God will do he has made known to Pharaoh.26 The seven fine kine are seven years; and the seven good ears are seven years: the dream is one.27 And the seven lean and bad kine that came up after them are seven years; and the seven empty ears, parched with the east wind, will be seven years of famine.28 This is the word which I have spoken to Pharaoh: what God is about to do he has let Pharaoh see.29 Behold, there come seven years of great plenty throughout the land of Egypt.30 And there will arise after them seven years of famine; and all the plenty will be forgotten in the land of Egypt, and the famine will waste away the land.31 And the plenty will not be known afterwards in the land by reason of that famine; for it will be very grievous.32 And as regards the double repetition of the dream to Pharaoh, it is that the thing is established by God, and God will hasten to do it.33 And now let Pharaoh look himself out a man discreet and wise, and set him over the land of Egypt.34 Let Pharaoh do {this}: let him appoint overseers over the land, and take the fifth part of the land of Egypt during the seven years of plenty,35 and let them gather all the food of these coming good years, and lay up corn under the hand of Pharaoh, for food in the cities, and keep {it}.36 And let the food be as store for the land for the seven years of famine, which will be in the land of Egypt, that the land perish not through the famine.37 And the word was good in the eyes of Pharaoh, and in the eyes of all his bondmen.38 And Pharaoh said to his bondmen, Shall we find {one} as this, a man in whom the Spirit of God is?39 And Pharaoh said to Joseph, Since God has made all this known to thee, there is none {so} discreet and wise as thou.40 Thou shalt be over my house, and according to thy commandment shall all my people regulate themselves; only concerning the throne will I be greater than thou.41 And Pharaoh said to Joseph, See, I have set thee over all the land of Egypt.42 And Pharaoh took off his ring from his hand, and put it on Joseph's hand, and arrayed him in clothes of byssus, and put a gold chain on his neck.43 And he caused him to ride in the second chariot that he had; and they cried before him, Bow the knee! and he set him over all the land of Egypt.44 And Pharaoh said to Joseph, I am Pharaoh; and without thee shall no man lift up his hand or his foot in all the land of Egypt.45 And Pharaoh called Joseph's name Zaphnath-paaneah, and gave him as wife Asnath the daughter of Potipherah the priest in On. And Joseph went out over the land of Egypt.46 And Joseph was thirty years old when he stood before Pharaoh king of Egypt. And Joseph went out from Pharaoh, and passed through the whole land of Egypt.47 And in the seven years of plenty the land brought forth by handfuls.48 And he gathered up all the food of the seven years that was in the land of Egypt, and put the food in the cities; the food of the fields of the city, which were round about it, he laid up in it.49 And Joseph laid up corn as sand of the sea exceeding much, until they left off numbering; for it was without number.50 And to Joseph were born two sons before the year of famine came, whom Asnath the daughter of Potipherah the priest in On bore to him.51 And Joseph called the name of the firstborn Manasseh-For God has made me forget all my toil, and all my father's house.52 And the name of the second he called Ephraim-For God has caused me to be fruitful in the land of my affliction.53 And the seven years of plenty that were in the land of Egypt were ended;54 and the seven years of the dearth began to come, according as Joseph had said. And there was dearth in all lands; but in all the land of Egypt there was bread.55 And all the land of Egypt suffered from the dearth. And the people cried to Pharaoh for bread; and Pharaoh said to all the Egyptians, Go to Joseph: what he says to you, that do.56 And the famine was on all the earth. And Joseph opened every place in which there was {provision}, and sold grain to the Egyptians; and the famine was grievous in the land of Egypt.57 And all countries came into Egypt to Joseph, to buy {grain}, because the famine was grievous on the whole earth.
1 N verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;2 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras.3 En kyk, n hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.4 En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.5 En hy het weer aan die slaap geraak en nog 'n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;6 en n hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was 'n droom!8 Di, môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.10 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.11 En ons het in dieselfde nag 'n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen 'n droom met besondere betekenis.12 En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag -- aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.13 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur -- my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.14 Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.15 Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.16 En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee.17 Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl,18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.19 En kyk, n hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:21 die het in hulle maag ingegaan, maar 'n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.23 En n hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;24 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.25 Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.27 En die sewe maer en lelike koeie wat n hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.28 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.29 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;30 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.31 En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens die hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.32 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is -- dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.33 Laat Farao dan nou uitkyk na 'n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.34 Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.35 En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.36 So sal dan die voedsel 'n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.37 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?39 En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.40 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.41 Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.42 Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang43 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.44 En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.45 En Farao het Josef genoem S fenat-Pan,ag en aan hom Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.46 En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.47 En die land het met handvolle opgelewer in die sewe jare van oorvloed.48 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit -- die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit.49 So het Josef dan 'n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar.50 En vir Josef is twee seuns gebore -- voordat die jaar van hongersnood gekom het -- wat Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, vir hom gebaar het.51 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.52 En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.53 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,54 en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.55 En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.56 En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.57 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.