1 And God blessed Noah and his sons, and said to them, Be fruitful and multiply, and fill the earth.2 And let the fear of you and the dread of you be upon every animal of the earth, and upon all fowl of the heavens: upon all that moveth {on} the ground; and upon all the fishes of the sea: into your hand are they delivered.3 Every moving thing that liveth shall be food for you: as the green herb I give you everything.4 Only, the flesh with its life, its blood, ye shall not eat.5 And indeed your blood, {the blood} of your lives, will I require: at the hand of every animal will I require it, and at the hand of Man, at the hand of each {the blood} of his brother, will I require the life of Man.6 Whoso sheddeth Man's blood, by Man shall his blood be shed; for in the image of God he hath made Man.7 And ye, be fruitful and multiply: swarm on the earth, and multiply on it.8 And God spoke to Noah, and to his sons with him, saying,9 And I, behold, I establish my covenant with you, and with your seed after you;10 and with every living soul which is with you, fowl as well as cattle, and all the animals of the earth with you, of all that has gone out of the ark-every animal of the earth.11 And I establish my covenant with you, neither shall all flesh be cut off any more by the waters of a flood, and henceforth there shall be no flood to destroy the earth.12 And God said, This is the sign of the covenant that I set between me and you and every living soul that is with you, for everlasting generations:13 I set my bow in the clouds, and it shall be for a sign of the covenant between me and the earth.14 And it shall come to pass when I bring clouds over the earth, that the bow shall be seen in the cloud,15 and I will remember my covenant which is between me and you and every living soul of all flesh; and the waters shall not henceforth become a flood to destroy all flesh.16 And the bow shall be in the cloud; and I will look upon it, that I may remember the everlasting covenant between God and every living soul of all flesh that is upon the earth.17 And God said to Noah, This is the sign of the covenant which I have established between me and all flesh that is upon the earth.18 And the sons of Noah who went out of the ark were Shem, and Ham, and Japheth. And Ham is the father of Canaan.19 These three are the sons of Noah; and from these was {the population of} the whole earth spread abroad.20 And Noah began {to be} a husbandman, and planted a vineyard.21 And he drank of the wine, and was drunken, and he uncovered himself in his tent.22 And Ham the father of Canaan saw the nakedness of his father, and told his two brethren outside.23 And Shem and Japheth took the upper garment and both laid {it} upon their shoulders, and went backwards, and covered the nakedness of their father. And their faces were turned away, that they saw not their father's nakedness.24 And Noah awoke from his wine, and learned what his youngest son had done to him.25 And he said, Cursed be Canaan; Let him be a bondman of bondmen to his brethren.26 And he said, Blessed be Jehovah, the God of Shem, And let Canaan be his bondman.27 Let God enlarge Japheth, and let him dwell in the tents of Shem, And let Canaan be his bondman.28 And Noah lived after the flood three hundred and fifty years.29 And all the days of Noah were nine hundred and fifty years; and he died.
1 En God het Noag en sy seuns geseënen aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.6 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.8 Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:9 Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag n julle,10 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle -- al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.11 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.12 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.14 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,15 dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.17 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.18 En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kana„n.19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.20 En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.22 En Gam, die vader van Kana„n, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,25 sê hy: Vervloek is Kana„n! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.26 Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kana„n moet sy dienskneg wees.27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.28 En Noag het n die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.29 So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.