1 And the serpent was more crafty than any animal of the field which Jehovah Elohim had made. And it said to the woman, Is it even so, that God has said, Ye shall not eat of every tree of the garden?2 And the woman said to the serpent, We may eat of the fruit of the trees of the garden;3 but of the fruit of the tree that is in the midst of the garden, God has said, Ye shall not eat of it, and ye shall not touch it, lest ye die.4 And the serpent said to the woman, Ye will not certainly die;5 but God knows that in the day ye eat of it, your eyes will be opened, and ye will be as God, knowing good and evil.6 And the woman saw that the tree was good for food, and that it was a pleasure for the eyes, and the tree was to be desired to give intelligence; and she took of its fruit, and ate, and gave also to her husband with her, and he ate.7 And the eyes of them both were opened, and they knew that they were naked. And they sewed fig-leaves together, and made themselves aprons.8 And they heard the voice of Jehovah Elohim, walking in the garden in the cool of the day. And Man and his wife hid themselves from the presence of Jehovah Elohim, in the midst of the trees of the garden.9 And Jehovah Elohim called to Man, and said to him, Where art thou?10 And he said, I heard thy voice in the garden, and I feared, because I am naked; and I hid myself.11 And he said, Who told thee that thou art naked? Hast thou eaten of the tree of which I commanded thee not to eat?12 And Man said, The woman, whom thou hast given {to be} with me, she gave me of the tree, and I ate.13 And Jehovah Elohim said to the woman, What is this thou hast done? And the woman said, The serpent deceived me, and I ate.14 And Jehovah Elohim said to the serpent, Because thou hast done this, be thou cursed above all cattle, and above every beast of the field. On thy belly shalt thou go, and eat dust all the days of thy life.15 And I will put enmity between thee and the woman, and between thy seed and her seed; he shall crush thy head, and thou shalt crush his heel.16 To the woman he said, I will greatly increase thy travail and thy pregnancy; with pain thou shalt bear children; and to thy husband shall be thy desire, and he shall rule over thee.17 And to Adam he said, Because thou hast hearkened to the voice of thy wife, and eaten of the tree of which I commanded thee saying, Thou shalt not eat of it: cursed be the ground on thy account; with toil shalt thou eat {of} it all the days of thy life;18 and thorns and thistles shall it yield thee; and thou shalt eat the herb of the field.19 In the sweat of thy face shalt thou eat bread, until thou return to the ground: for out of it wast thou taken. For dust thou art; and unto dust shalt thou return.20 And Man called his wife's name Eve; because she is the mother of all living.21 And Jehovah Elohim made Adam and his wife coats of skin, and clothed them.22 And Jehovah Elohim said, Behold, Man is become as one of us, to know good and evil. And now, lest he stretch out his hand, and take also of the tree of life, and eat, and live for ever...!23 Therefore Jehovah Elohim sent him forth from the garden of Eden, to till the ground from which he was taken.24 And he drove out Man; and he set the Cherubim, and the flame of the flashing sword, toward the east of the garden of Eden, to guard the way to the tree of life.
1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.8 En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.9 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?12 En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.13 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie -- vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.18 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!23 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.24 So het Hy dan die mens weggedrywe en g,rubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.