1 And Jehovah said to Noah, Go into the ark, thou and all thy house; for thee have I seen righteous before me in this generation.2 Of all clean beasts thou shalt take to thee by sevens, a male and its female; but of the beasts that are not clean two, a male and its female.3 Also of the fowl of the heavens by sevens, male and female; to keep seed alive on the face of all the earth.4 For in yet seven days I will cause it to rain on the earth forty days and forty nights; and every living being which I have made will I destroy from the ground.5 And Noah did according to all that Jehovah had commanded him.6 And Noah was six hundred years old when the flood of waters was on the earth.7 And Noah went in, and his sons, and his wife, and his sons' wives with him, into the ark, because of the waters of the flood.8 Of clean beasts, and of beasts that are not clean, and of fowl, and of everything that creeps on the ground,9 there came two and two unto Noah into the ark, male and female, as God had commanded Noah.10 And it came to pass after seven days that the waters of the flood were on the earth.11 In the six hundredth year of Noah's life, in the second month, on the seventeenth day of the month, on that same day all the fountains of the great deep were broken up, and the windows of heaven were opened.12 And the pour of rain was on the earth forty days and forty nights.13 On the same day went Noah, and Shem and Ham and Japheth, the sons of Noah, and Noah's wife, and the three wives of his sons with them, into the ark;14 they, and every beast after its kind, and all the cattle after their kind, and every creeping thing that creeps on the earth after its kind, and all fowl after its kind-every bird of every wing.15 And they went to Noah, into the ark, two and two of all flesh, in which was the breath of life.16 And they that came, came male and female of all flesh, as God had commanded him. And Jehovah shut him in.17 And the flood was forty days on the earth. And the waters increased, and bore up the ark; and it was lifted up above the earth.18 And the waters prevailed and increased greatly on the earth; and the ark went on the face of the waters.19 And the waters prevailed exceedingly on the earth; and all the high mountains that are under all the heavens were covered.20 Fifteen cubits upward the waters prevailed; and the mountains were covered.21 And all flesh that moved on the earth expired, fowl as well as cattle, and beasts, and all crawling things which crawl on the earth, and all mankind:22 everything which had in its nostrils the breath of life, of all that was on the dry {land}, died.23 And every living being was destroyed that was on the ground, both man, and cattle, and creeping things, and fowl of the heavens; and they were destroyed from the earth. And Noah alone remained, and what was with him in the ark.24 And the waters prevailed on the earth a hundred and fifty days.
1 Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.2 Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.3 Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.5 En Noag het gedoen net soos die HERE hom beveel het.6 En Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.8 Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,9 het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, 'n mannetjie en 'n wyfie, soos God Noag beveel het.10 N die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.11 In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.14 Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere --15 van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.17 En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.18 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.20 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.21 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.22 Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd en vyftig dae lank.