1 And Abraham took another wife named Keturah.2 And she bore him Zimran, and Jokshan, and Medan, and Midian, and Ishbak, and Shuah.3 And Jokshan begot Sheba and Dedan; and the sons of Dedan were the Asshurim, and the Letushim, and the Leummim.4 And the sons of Midian were Ephah, and Epher, and Enoch, and Abida, and Eldaah. All these were sons of Keturah.5 And Abraham gave all that he had to Isaac.6 And to the sons of the concubines that Abraham had, Abraham gave gifts, and, while he yet lived, sent them away from Isaac his son, eastward to the east country.7 And these are the days of the years of Abraham's life which he lived: a hundred and seventy-five years.8 And Abraham expired and died in a good old age, old and full {of days}; and was gathered to his peoples.9 And his sons Isaac and Ishmael buried him in the cave of Machpelah, in the field of Ephron the son of Zohar the Hittite, which was opposite to Mamre-10 the field that Abraham had purchased of the sons of Heth: there was Abraham buried, and Sarah his wife.11 And it came to pass after the death of Abraham, that God blessed his son Isaac. And Isaac dwelt at Beer-lahai-roi.12 And these are the generations of Ishmael, Abraham's son, whom Hagar the Egyptian, Sarah's bondwoman, bore to Abraham.13 And these are the names of the sons of Ishmael by their names according to their generations: Nebaioth, the firstborn of Ishmael; and Kedar, and Adbeel, and Mibsam,14 and Mishma, and Dumah, and Massa,15 Hadad and Tema, Jetur, Naphish and Kedmah.16 These are the sons of Ishmael, and these are their names, in their hamlets and their encampments-twelve princes of their peoples.17 And these are the years of the life of Ishmael: a hundred and thirty-seven years; and he expired and died, and was gathered to his peoples.18 And they dwelt from Havilah to Shur, which is opposite to Egypt, as one goes towards Assyria. He settled before the face of all his brethren.19 And these are the generations of Isaac, Abraham's son. Abraham begot Isaac.20 And Isaac was forty years old when he took Rebecca as wife, the daughter of Bethuel the Syrian of Padan-Aram, the sister of Laban the Syrian.21 And Isaac entreated Jehovah for his wife, because she was barren; and Jehovah was entreated of him, and Rebecca his wife conceived.22 And the children struggled together within her; and she said, If {it be} so, why am I thus? And she went to inquire of Jehovah.23 And Jehovah said to her, Two nations are in thy womb, And two peoples shall be separated from thy bowels; And one people shall be stronger than the other people, And the elder shall serve the younger.24 And when her days to be delivered were fulfilled, behold, there were twins in her womb.25 And the first came out red-all over like a hairy garment; and they called his name Esau.26 And after that came his brother out; and his hand took hold of Esau's heel; and his name was called Jacob. And Isaac was sixty years old when they were born.27 And the boys grew, and Esau became a man skilled in hunting, a man of the field; and Jacob was a homely man, dwelling in tents.28 And Isaac loved Esau, because venison was to his taste; and Rebecca loved Jacob.29 And Jacob had cooked a dish; and Esau came from the field, and he was faint.30 And Esau said to Jacob, Feed me, I pray thee, with the red-the red thing there, for I am faint. Therefore was his name called Edom.31 And Jacob said, Sell me now thy birthright.32 And Esau said, Behold, I am going to die, and of what use can the birthright be to me?33 And Jacob said, Swear unto me now. And he swore unto him, and sold his birthright to Jacob.34 And Jacob gave Esau bread and the dish of lentils; and he ate and drank, and rose up and went away. Thus Esau despised the birthright.
1 En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketura.2 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag gebaar.3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en LeÂmmiete.4 En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en Elda„. Hulle almal was seuns van Ketura.5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.9 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magp,la, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.11 N die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Ro‹.12 En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het --13 dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, N,bajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam14 en Misma en Duma en Massa,15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.16 Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.17 En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.18 En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.19 En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van B,tuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.21 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.23 En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.25 En die eerste is gebore -- rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.27 En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.29 En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.30 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.