Publicidade

Deuteronômio 10

1 At that time Jehovah said unto me, Hew for thyself two tables of stone like the first, and come up unto me into the mountain, and make thee an ark of wood;2 and I will write on the tables the words that were on the first tables which thou didst break, and thou shalt lay them in the ark.3 And I made an ark of acacia-wood, and hewed two tables of stone like the first, and went up the mountain with the two tables in my hand.4 And he wrote on the tables, as the first writing, the ten words which Jehovah spoke unto you on the mountain, from the midst of the fire, on the day of the assembly, and Jehovah gave them unto me.5 And I turned and came down from the mountain, and put the tables in the ark which I had made; -and they are there, as Jehovah commanded me.6 (And the children of Israel took their journey from Beeroth-Bene-Jaakan to Moserah: there Aaron died, and there he was buried; and Eleazar his son exercised the priesthood in his stead.7 From thence they journeyed unto Gudgodah; and from Gudgodah to Jotbathah, a land of water-brooks.)8 At that time Jehovah separated the tribe of Levi, to bear the ark of the covenant of Jehovah, to stand before Jehovah to do service unto him, and to bless in his name, unto this day.9 Therefore Levi has no portion nor inheritance with his brethren; Jehovah is his inheritance, according as Jehovah thy God told him.10 But I stood upon the mountain according to the former days, forty days and forty nights; and Jehovah listened unto me also at that time: Jehovah would not destroy thee.11 And Jehovah said unto me, Rise up, take thy journey before the people, that they may enter in and possess the land, which I swore unto their fathers to give unto them.12 And now, Israel, what doth Jehovah thy God require of thee, but to fear Jehovah thy God, to walk in all his ways, and to love him, and to serve Jehovah thy God with all thy heart and with all thy soul,13 to keep the commandments of Jehovah, and his statutes, which I command thee this day, for thy good?14 Behold, the heaven and the heaven of heavens belong to Jehovah thy God; the earth and all that is therein.15 Only, Jehovah took pleasure in thy fathers, to love them, and he chose their seed after them, {even} you, out of all the peoples, as it is this day.16 Circumcise then the foreskin of your heart, and stiffen your neck no more.17 For Jehovah your God is the God of gods, and the Lord of lords, the great *God, the mighty and the terrible, who regardeth not persons, nor taketh reward;18 who executeth the judgment of the fatherless and the widow, and loveth the stranger, to give him food and clothing.19 And ye shall love the stranger; for ye have been strangers in the land of Egypt.20 Thou shalt fear Jehovah thy God; him thou shalt serve, and unto him shalt thou cleave, and swear by his name.21 He is thy praise, and he is thy God, who hath done for thee these great and terrible things, which thine eyes have seen.22 With seventy souls thy fathers went down into Egypt; and now Jehovah thy God hath made thee as the stars of heaven for multitude.

1 In die tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n ark van hout.2 En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit.3 Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het.6 En die kinders van Israel het van B,ërot Ben,-J äkan weggetrek na Mos,ra toe. Daar het A„ron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Ele sar het die priesteramp in sy plek bedien.7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, 'n land van waterstrome.8 In die tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die HERE is sy erfdeel, soos die HERE jou God hom beloof het.10 En ,k het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook die keer verhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie.11 Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.12 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.15 Maar net aan jou vaders het die HERE 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag n hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.17 Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;18 wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.19 Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.21 Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-