1 Hear, Israel! Thou art to pass over the Jordan this day, to enter in to possess nations greater and mightier than thou, cities great and walled up to heaven,2 a people great and tall, the sons of the Anakim, whom thou knowest, and of whom thou hast heard {say}, Who can stand before the sons of Anak!3 Know then this day, that Jehovah thy God is he that goeth over before thee, a consuming fire; he will destroy them, and he will cast them down before thee, and thou shalt dispossess them and cause them to perish quickly, as Jehovah hath said unto thee.4 Thou shalt not say in thy heart, when Jehovah thy God thrusteth them out from before thee, saying, For my righteousness Jehovah hath brought me in to possess this land; but for the wickedness of these nations doth Jehovah dispossess them from before thee.5 Not for thy righteousness, or for the uprightness of thy heart, dost thou enter in to possess their land, but for the wickedness of these nations doth Jehovah thy God dispossess them from before thee, and that he may perform the word which Jehovah swore unto thy fathers, to Abraham, to Isaac, and to Jacob.6 Know therefore that Jehovah thy God doth not give thee this good land to possess it for thy righteousness; for thou art a stiff-necked people.7 Remember, forget not, how thou provokedst Jehovah thy God to wrath in the wilderness. From the day that thou didst depart out of the land of Egypt, until ye came to this place, ye have been rebellious against Jehovah.8 And at Horeb ye provoked Jehovah to wrath, and Jehovah was angry with you, to destroy you,9 when I went up the mountain to receive the tables of stone, the tables of the covenant which Jehovah made with you, and I abode in the mountain forty days and forty nights, -I ate no bread and drank no water, -10 -and Jehovah delivered to me the two tables of stone written with the finger of God; and on them {was written} according to all the words which Jehovah spoke with you on the mountain from the midst of the fire on the day of the assembly.11 And it came to pass at the end of forty days and forty nights, that Jehovah gave me the two tables of stone, the tables of the covenant.12 And Jehovah said unto me, Arise, go down quickly from hence; for thy people which thou hast brought forth out of Egypt have corrupted themselves; they have quickly turned aside from the way which I commanded them: they have made for themselves a molten image.13 And Jehovah spoke unto me, saying, I have seen this people, and behold, it is a stiff-necked people.14 Let me alone, that I may destroy them, and blot out their name from under heaven; and I will make of thee a nation mightier and greater than they.15 And I turned and came down from the mountain, and the mountain burned with fire; and the two tables of the covenant were in my two hands.16 And I saw, and behold, ye had sinned against Jehovah your God: ye had made for yourselves a molten calf; ye had quickly turned aside from the way which Jehovah had commanded you.17 And I seized the two tables, and cast them out of my two hands, and broke them before your eyes.18 And I fell down before Jehovah, as at the first, forty days and forty nights, -I ate no bread and drank no water, -because of all your sin which ye had sinned, in doing what is evil in the eyes of Jehovah, to provoke him to anger.19 For I was afraid of the anger and fury wherewith Jehovah was wroth against you to destroy you. And Jehovah listened unto me also at that time.20 And with Aaron Jehovah was very angry to destroy him; and I prayed for Aaron also at the same time.21 And I took your sin, the calf which ye had made, and burned it with fire, and crushed it, and ground it very small, until it became fine dust; and I cast the dust thereof into the brook that flowed down from the mountain.22 And at Taberah, and at Massah, and at Kibroth-hattaavah, ye provoked Jehovah to wrath.23 And when Jehovah sent you from Kadesh-barnea, saying, Go up and take possession of the land which I have given you, ye rebelled against the word of Jehovah your God, and ye believed him not, nor hearkened to his voice.24 Ye have been rebellious against Jehovah from the day that I knew you.25 So I fell down before Jehovah the forty days and forty nights, as I fell down; for Jehovah had said he would destroy you.26 I prayed therefore to Jehovah, and said, Lord Jehovah, destroy not thy people and thine inheritance, which thou hast redeemed through thy greatness, which thou hast brought forth out of Egypt with a powerful hand.27 Remember thy servants Abraham, Isaac, and Jacob; look not at the stubbornness of this people, nor at their wickedness, nor at their sin;28 lest the land whence thou broughtest us out say, Because Jehovah was not able to bring them into the land which he had promised them, and because he hated them, he hath brought them out to kill them in the wilderness.29 They are indeed thy people and thine inheritance, which thou broughtest out with thy great power and with thy stretched-out arm.
1 Hoor, Israel, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is,2 'n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak?3 Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.4 As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.5 Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.6 Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk.7 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.8 Ja, by Horeb het julle die HERE vertoorn, sodat die HERE toornig was op julle om julle te verdelg.9 Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly -- brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie --10 en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,12 en die HERE het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle 'n gegote beeld gemaak.13 Verder het die HERE met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk. '14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.16 Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.17 En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en dit voor julle oë verbrysel.18 Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank -- brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie -- vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg.19 Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my die keer ook verhoor.20 Ook was die HERE baie toornig op A„ron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir A„ron in die tyd gebid.21 En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en die stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.22 Ook by Tab,ra en by Massa en by Kibrot-Hatt äwa het julle elke keer die HERE vertoorn.23 En toe die HERE julle uit Kades-Barn,a gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het -- was julle wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God en het julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie.24 Wederstrewig was julle teen die HERE van die dag af dat ek julle ken.25 En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.26 En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.27 Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,28 sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!29 Hulle is tog u volk en u erfdeel wat U deur u grote krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.