Publicidade

Deuteronômio 27

1 And Moses and the elders of Israel commanded the people, saying, Keep all the commandment which I command you this day.2 And it shall be on the day when ye pass over the Jordan unto the land which Jehovah thy God giveth thee, that thou shalt set thee up great stones, and plaster them with plaster:3 and thou shalt write upon them all the words of this law, when thou goest over that thou mayest enter into the land which Jehovah thy God giveth thee, a land flowing with milk and honey, as Jehovah the God of thy fathers hath promised thee.4 And it shall be when ye go over the Jordan, that ye shall set up these stones, as I command you this day, on mount Ebal, and thou shalt plaster them with plaster.5 And there shalt thou build an altar to Jehovah thy God, an altar of stones; thou shalt not lift up an iron {tool} upon them;6 of whole stones shalt thou build the altar of Jehovah thy God; and thou shalt offer up burnt-offerings thereon to Jehovah thy God.7 And thou shalt sacrifice peace-offerings, and shalt eat there, and rejoice before Jehovah thy God.8 And thou shalt write upon the stones all the words of this law very plainly.9 And Moses and the priests, the Levites, spoke to all Israel, saying, Be silent and hearken, Israel! this day thou art become the people of Jehovah thy God.10 And thou shalt hearken unto the voice of Jehovah thy God, and do his commandments and his statutes, which I command thee this day.11 And Moses gave commandment to the people the same day, saying,12 These shall stand to bless the people upon mount Gerizim, when ye have gone over the Jordan: Simeon, and Levi, and Judah, and Issachar, and Joseph, and Benjamin.13 And these shall stand upon mount Ebal to curse: Reuben, Gad, and Asher, and Zebulun, Dan, and Naphtali.14 And the Levites shall declare and say unto all the men of Israel with a loud voice:15 Cursed be the man that maketh a graven or molten image, an abomination to Jehovah, a work of the craftsman's hand, and putteth it up secretly! And all the people shall answer and say, Amen.16 Cursed be he that slighteth his father or his mother! And all the people shall say, Amen.17 Cursed be he that removeth his neighbour's landmark! And all the people shall say, Amen.18 Cursed be he that maketh the blind to wander out of the way! And all the people shall say, Amen.19 Cursed be he that perverteth the judgment of the stranger, fatherless, and widow! And all the people shall say, Amen.20 Cursed be he that lieth with his father's wife; for he uncovereth his father's skirt! And all the people shall say, Amen.21 Cursed be he that lieth with any manner of beast! And all the people shall say, Amen.22 Cursed be he that lieth with his sister, the daughter of his father, or the daughter of his mother! And all the people shall say, Amen.23 Cursed be he that lieth with his mother-in-law! And all the people shall say, Amen.24 Cursed be he that smiteth his neighbour secretly! And all the people shall say, Amen.25 Cursed be he that taketh reward to smite mortally {shedding} innocent blood! And all the people shall say, Amen.26 Cursed be he that confirmeth not the words of this law to do them! And all the people shall say, Amen.

1 En Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.2 En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.5 En jy moet daar vir die HERE jou God 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.7 Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God.8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.10 Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.11 En Moses het aan die volk op die dag bevel gegee en gesê:12 Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Ger¡sim as julle deur die Jordaan getrek het: S¡meon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin.13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en S,bulon, Dan en N ftali.14 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:15 Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.18 Vervloek is hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.25 Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n persoon -- onskuldige bloed -- dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-