1 In the twelfth year of Ahaz king of Judah, Hoshea the son of Elah began to reign in Samaria over Israel, for nine years.2 And he did evil in the sight of Jehovah, but not as the kings of Israel that had been before him.3 Against him came up Shalmaneser king of Assyria, and Hoshea became his servant, and tendered him presents.4 But the king of Assyria found conspiracy in Hoshea; for he had sent messengers to So king of Egypt, and sent up no present to the king of Assyria as {he had done} from year to year. And the king of Assyria shut him up and bound him in prison.5 And the king of Assyria overran the whole land, and went up against Samaria, and besieged it three years.6 In the ninth year of Hoshea, the king of Assyria took Samaria, and carried Israel away into Assyria, and placed them in Halah and by the Habor, the river of Gozan, and in the cities of the Medes.7 And so it was, because the children of Israel had sinned against Jehovah their God, who had brought them up out of the land of Egypt from under the hand of Pharaoh king of Egypt, and had feared other gods;8 and they walked in the statutes of the nations that Jehovah had dispossessed from before the children of Israel, and of the kings of Israel, which they had made.9 And the children of Israel did secretly against Jehovah their God things that were not right; and they built them high places in all their cities, from the watchmen's tower to the fortified city.10 And they set them up columns and Asherahs on every high hill and under every green tree;11 and there they burned incense on all the high places, as did the nations that Jehovah had carried away from before them, and they wrought wicked things to provoke Jehovah to anger;12 and they served idols, as to which Jehovah had said to them, Ye shall not do this thing.13 And Jehovah testified against Israel and against Judah, by all the prophets, all the seers, saying, Turn from your evil ways, and keep my commandments, my statutes, according to all the law which I commanded your fathers, and which I sent to you through my servants the prophets.14 But they would not hear, and hardened their necks, like to the neck of their fathers, who did not believe in Jehovah their God.15 And they rejected his statutes, and his covenant which he had made with their fathers, and his testimonies which he had testified unto them; and they followed vanity and became vain, and {went} after the nations that were round about them, concerning whom Jehovah had charged them that they should not do like them.16 And they forsook all the commandments of Jehovah their God, and made them molten images, two calves, and made an Asherah, and worshipped all the host of the heavens, and served Baal;17 and they caused their sons and their daughters to pass through the fire, and used divination and enchantments, and sold themselves to do evil in the sight of Jehovah, to provoke him to anger.18 Therefore Jehovah was very angry with Israel, and removed them out of his sight: there remained but the tribe of Judah only.19 Also Judah kept not the commandments of Jehovah their God, but walked in the statutes of Israel which they had made.20 And Jehovah rejected all the seed of Israel; and afflicted them, and delivered them into the hand of spoilers, until he had cast them out of his sight.21 For Israel had rent {the kingdom} from the house of David; and they had made Jeroboam the son of Nebat king; and Jeroboam violently turned Israel from following Jehovah, and made them sin a great sin.22 And the children of Israel walked in all the sins of Jeroboam which he did; they did not depart from them:23 until Jehovah had removed Israel out of his sight, as he had said through all his servants the prophets; and Israel was carried away out of their own land to Assyria, unto this day.24 And the king of Assyria brought {people} from Babylon, and from Cuthah, and from Avva, and from Hamath, and from Sepharvaim, and made them dwell in the cities of Samaria instead of the children of Israel; and they possessed Samaria, and dwelt in its cities.25 And so it was, at the beginning of their dwelling there, that they feared not Jehovah; and Jehovah sent lions among them, which killed {some} of them.26 And they spoke to the king of Assyria saying, The nations that thou hast removed and made to dwell in the cities of Samaria know not the manner of the god of the land; therefore he has sent lions among them, and behold, they slay them, because they know not the manner of the god of the land.27 And the king of Assyria commanded saying, Carry thither one of the priests whom ye have brought away from thence; and let them go and abide there, and let him teach them the manner of the god of the land.28 Then one of the priests whom they had carried away from Samaria came and abode in Bethel, and taught them how they should fear Jehovah.29 And every nation made gods of their own, and put them in the houses of the high places that the Samaritans had made, every nation in their cities in which they dwelt.30 And the people of Babylon made Succoth-benoth, and the people of Cuth made Nergal, and the people of Hamath made Ashima,31 and the Avvites made Nibhaz and Tartak, and the Sepharvites burned their children in the fire to Adrammelech and Anammelech the gods of Sepharvaim.32 So they feared Jehovah, and made to themselves from all classes of them priests of the high places, who offered {sacrifices} for them in the houses of the high places.33 They feared Jehovah, and served their own gods after the manner of the nations, whence they had been carried away.34 To this day they do after their former customs: they fear not Jehovah, neither do they after their statutes or after their ordinances, nor after the law and commandment that Jehovah commanded the sons of Jacob, whom he named Israel.35 And Jehovah had made a covenant with them, and charged them saying, Ye shall not fear other gods, nor bow down yourselves to them, nor serve them, nor sacrifice to them;36 but Jehovah alone, who brought you up out of the land of Egypt with great power and a stretched-out arm, him shall ye fear, and him shall ye worship, and to him shall ye do sacrifice.37 And the statutes and the ordinances and the law, and the commandment which he wrote for you, ye shall observe to do for evermore; and ye shall not fear other gods.38 And ye shall not forget the covenant that I have made with you, neither shall ye fear other gods;39 but ye shall fear Jehovah your God, and he shall deliver you out of the hand of all your enemies.40 And they did not hearken, but did after their former customs.41 And these nations feared Jehovah, and served their graven images, both their children and their children's children: as did their fathers, so do they, unto this day.
1 In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hos,a, die seun van Ela, in Samar¡a oor Israel koning geword -- nege jaar lank.2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.3 Teen hom het Salman,ser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hos,a het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.4 Maar die koning van Assirië het by Hos,a 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.5 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samar¡a en dit drie jaar lank beleër.6 In die negende jaar van Hos,a het die koning van Assirië Samar¡a ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.10 En hulle het vir hul klippilare en heilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die HERE voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die HERE te terg.12 En hulle het die drekgode gedien waarvan die HERE vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie.13 En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie.15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.16 En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Ba„l gedien.17 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.18 So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.19 Selfs Juda het die gebooie van die HERE hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.20 Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.21 Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jerobeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;23 totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.24 En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarv im mense ingevoer en laat woon in die stede van Samar¡a, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samar¡a in besit geneem en in sy stede gaan woon.25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en die het onder hulle sommige gedood.26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samar¡a laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, die maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.28 En een van die priesters wat uit Samar¡a weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die HERE moet vrees.29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:30 die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het As¡ma gemaak,31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramm,leg en Anamm,leg, die gode van Sefarv im, in die vuur verbrand.32 Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.33 Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.35 Tog het die HERE met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.36 Maar die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.39 Maar die HERE julle God moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.41 So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.