1 In the twenty-seventh year of Jeroboam king of Israel, Azariah son of Amaziah, king of Judah, began to reign.2 He was sixteen years old when he began to reign; and he reigned fifty-two years in Jerusalem; and his mother's name was Jecholiah of Jerusalem.3 And he did what was right in the sight of Jehovah, according to all that his father Amaziah had done.4 Only, the high places were not removed: the people still sacrificed and burned incense on the high places.5 And Jehovah smote the king, so that he was a leper to the day of his death, and dwelt in a separate house. And Jotham the king's son was over the house, judging the people of the land.6 And the rest of the acts of Azariah, and all that he did, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?7 And Azariah slept with his fathers, and they buried him with his fathers in the city of David; and Jotham his son reigned in his stead.8 In the thirty-eighth year of Azariah king of Judah, Zechariah the son of Jeroboam reigned over Israel in Samaria, six months.9 And he did evil in the sight of Jehovah, according as his fathers had done: he departed not from the sins of Jeroboam the son of Nebat, who made Israel to sin.10 And Shallum the son of Jabesh conspired against him, and smote him before the people, and slew him, and reigned in his stead.11 And the rest of the acts of Zechariah, behold, they are written in the book of the chronicles of the kings of Israel.12 This was the word of Jehovah which he spoke to Jehu saying, Thy sons shall sit upon the throne of Israel unto the fourth {generation}. And so it came to pass.13 Shallum the son of Jabesh began to reign in the thirty-ninth year of Uzziah king of Judah; and he reigned a full month in Samaria.14 And Menahem the son of Gadi went up from Tirzah, and came to Samaria, and smote Shallum the son of Jabesh in Samaria, and slew him, and reigned in his stead.15 And the rest of the acts of Shallum, and his conspiracy which he made, behold, they are written in the book of the chronicles of the kings of Israel.16 Then Menahem smote Tiphsah, and all that were therein, and its territory from Tirzah, because they did not open {to him}; and he smote {it}: all the women in it that were with child he ripped up.17 In the thirty-ninth year of Azariah king of Judah, Menahem the son of Gadi began to reign over Israel, for ten years, in Samaria.18 And he did evil in the sight of Jehovah: he departed not, all his days, from the sins of Jeroboam the son of Nebat, who made Israel to sin.19 Pul the king of Assyria came against the land; and Menahem gave Pul a thousand talents of silver, that his hand might be with him to establish the kingdom in his hand.20 And Menahem exacted the money of Israel, of all those who were wealthy, of each man fifty shekels of silver, to give to the king of Assyria. And the king of Assyria turned back, and stayed not there in the land.21 And the rest of the acts of Menahem, and all that he did, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?22 And Menahem slept with his fathers; and Pekahiah his son reigned in his stead.23 In the fiftieth year of Azariah king of Judah, Pekahiah the son of Menahem began to reign over Israel in Samaria, for two years.24 And he did evil in the sight of Jehovah: he departed not from the sins of Jeroboam the son of Nebat, who made Israel to sin.25 And Pekah the son of Remaliah, his captain, conspired against him, and smote him in Samaria, in the fortress of the king's house, with Argob and Arieh, and with him fifty men of the Gileadites; and he slew him, and reigned in his stead.26 And the rest of the acts of Pekahiah, and all that he did, behold, they are written in the book of the chronicles of the kings of Israel.27 In the fifty-second year of Azariah king of Judah, Pekah the son of Remaliah began to reign over Israel in Samaria, for twenty years.28 And he did evil in the sight of Jehovah: he departed not from the sins of Jeroboam the son of Nebat, who made Israel to sin.29 In the days of Pekah king of Israel, Tiglath-Pileser king of Assyria came and took Ijon, and Abel-Beth-Maachah, and Janoah, and Kedesh, and Hazor, and Gilead, and Galilee, all the land of Naphtali, and carried them captive to Assyria.30 And Hoshea the son of Elah made a conspiracy against Pekah the son of Remaliah, and smote him and slew him; and he reigned in his stead, in the twentieth year of Jotham the son of Uzziah.31 And the rest of the acts of Pekah, and all that he did, behold, they are written in the book of the chronicles of the kings of Israel.32 In the second year of Pekah the son of Remaliah, king of Israel, Jotham the son of Uzziah, king of Judah, began to reign.33 He was twenty-five years old when he began to reign; and he reigned sixteen years in Jerusalem; and his mother's name was Jerusha, the daughter of Zadok.34 And he did what was right in the sight of Jehovah: he did according to all that his father Uzziah had done.35 Only, the high places were not removed: the people still sacrificed and burned incense on the high places. It was he who built the upper gate of the house of Jehovah.36 And the rest of the acts of Jotham, and all that he did, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?37 In those days Jehovah began to send against Judah Rezin the king of Syria, and Pekah the son of Remaliah.38 And Jotham slept with his fathers, and was buried with his fathers in the city of David his father; and Ahaz his son reigned in his stead.
1 In die sewe en twintigste jaar van Jerobeam, die koning van Israel, het As rja, die seun van Am sia, die koning van Juda, koning geword.2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee en vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jegolja, van Jerusalem.3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Am sia gedoen het.4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.5 En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.6 En die verdere geskiedenis van As rja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?7 En As rja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.8 In die agt en dertigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Sagar¡a, die seun van Jerobeam, oor Israel koning geword in Samar¡a -- ses maande lank.9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.10 En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.11 En die verdere geskiedenis van Sagar¡a, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.12 Dit was die woord van die HERE wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.13 Sallum, die seun van Jabes, het in die nege en dertigste jaar van Uss¡a, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samar¡a geregeer.14 Daarna het Men hem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samar¡a gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samar¡a verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.16 Toe het Men hem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; hy het dit verslaan en al die swanger vroue daarvan laat oopsny.17 In die nege en dertigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Men hem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samar¡a -- tien jaar lank.18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Men hem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.20 En Men hem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.21 En die verdere geskiedenis van Men hem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?22 En Men hem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pek hia het in sy plek koning geword.23 In die vyftigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Pek hia, die seun van Men hem, koning oor Israel geword in Samar¡a -- twee jaar lank.24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.25 En Peka, die seun van Rem lia, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samar¡a in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.26 En die verdere geskiedenis van Pek hia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.27 In die twee en vyftigste jaar van As rja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Rem lia, koning geword oor Israel in Samar¡a -- twintig jaar lank.28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.29 In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-M äga en Janoag en Kedes en Hasor en G¡lead en Galil,a, die hele land N ftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.30 En Hos,a, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Rem lia, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Uss¡a.31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.32 In die tweede jaar van Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, koning geword.33 Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerusa, die dogter van Sadok.34 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE; net soos sy vader Uss¡a gedoen het, het hy gedoen.35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou het.36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?37 In die dae het die HERE Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Rem lia, teen Juda begin stuur.38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.