1 In those days Hezekiah was sick unto death. And the prophet Isaiah the son of Amoz came to him and said to him, Thus saith Jehovah: Set thy house in order; for thou shalt die, and not live.2 And he turned his face to the wall, and prayed to Jehovah saying,3 Ah! Jehovah, remember, I beseech thee, how I have walked before thee in truth and with a perfect heart, and have done what is good in thy sight. And Hezekiah wept much.4 And it came to pass before Isaiah had gone out into the middle city that the word of Jehovah came to him saying,5 Return, and tell Hezekiah the captain of my people, Thus saith Jehovah, the God of David thy father: I have heard thy prayer, I have seen thy tears; behold, I will heal thee: on the third day thou shalt go up to the house of Jehovah;6 and I will add to thy days fifteen years; and I will deliver thee and this city out of the hand of the king of Assyria, and I will defend this city for mine own sake, and for my servant David's sake.7 And Isaiah said, Take a cake of figs. And they took and laid it on the boil, and he recovered.8 And Hezekiah said to Isaiah, What {shall be} the sign that Jehovah will heal me, and that I shall go up into the house of Jehovah the third day?9 And Isaiah said, This {shall be} the sign to thee from Jehovah, that Jehovah will do the thing that he hath spoken: shall the shadow go forward ten degrees, or go back ten degrees?10 And Hezekiah said, It is a light thing for the shadow to go down ten degrees: no, but let the shadow return backward ten degrees.11 And Isaiah the prophet cried to Jehovah, and he brought the shadow back on the degrees by which it had gone down on the dial of Ahaz, ten degrees backward.12 At that time Berodach-Baladan, the son of Baladan, king of Babylon, sent a letter and a present to Hezekiah, for he had heard that Hezekiah had been sick.13 And Hezekiah hearkened to them, and shewed them all his treasure-house, the silver and the gold, and the spices and the fine oil, and all the house of his armour, and all that was found among his treasures: there was nothing in his house, nor in all his dominion, that Hezekiah did not shew them.14 Then came the prophet Isaiah to king Hezekiah and said to him, What said these men? and from whence came they to thee? And Hezekiah said, They came from a far country, from Babylon.15 And he said, What have they seen in thy house? And Hezekiah said, All that is in my house have they seen: there is nothing among my treasures that I have not shewn them.16 And Isaiah said to Hezekiah, Hear the word of Jehovah:17 Behold, days come that all that is in thy house, and what thy fathers have laid up until this day, shall be carried to Babylon; nothing shall be left, saith Jehovah.18 And of thy sons that shall issue from thee, whom thou shalt beget, shall they take away; and they shall be chamberlains in the palace of the king of Babylon.19 And Hezekiah said to Isaiah, Good is the word of Jehovah which thou hast spoken. And he said, Is it not so? if only there shall be peace and truth in my days!20 And the rest of the acts of Hezekiah, and all his might, and how he made the pool and the aqueduct, and brought the water into the city, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?21 And Hezekiah slept with his fathers; and Manasseh his son reigned in his stead.
1 In die dae het Hisk¡a dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.2 Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die HERE en gesê:3 Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hisk¡a het bitterlik geween.4 En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê:5 Draai om en sê vir Hisk¡a, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE.6 En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.7 Verder sê Jesaja: Bring 'n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.8 Hisk¡a het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?9 En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?10 Toe sê Jehisk¡a: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit.11 En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.12 In die tyd het Berodag-B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat Hisk¡a siek was.13 En Hisk¡a het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hisk¡a hulle nie laat sien het nie.14 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle gekom, uit Babel.15 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.16 En Jesaja sê vir Hisk¡a: Hoor die woord van die HERE!17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.18 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.19 Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!20 En die verdere geskiedenis van Hisk¡a en al sy magtige dade, en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die stad gebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?21 En Hisk¡a het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.