Publicidade

2 Reis 21

1 Manasseh was twelve years old when he began to reign; and he reigned fifty-five years in Jerusalem; and his mother's name was Hephzibah.2 And he did evil in the sight of Jehovah, like the abominations of the nations that Jehovah had dispossessed from before the children of Israel.3 And he built again the high places that Hezekiah his father had destroyed; and he reared up altars to Baal and made an Asherah, as did Ahab king of Israel; and worshipped all the host of heaven, and served them.4 And he built altars in the house of Jehovah, of which Jehovah had said, In Jerusalem will I put my name.5 And he built altars to all the host of heaven in both courts of the house of Jehovah.6 And he caused his son to pass through the fire, and used magic and divination, and appointed necromancers and soothsayers: he wrought evil beyond measure in the sight of Jehovah, to provoke him to anger.7 And he set the graven image of the Asherah that he had made, in the house of which Jehovah had said to David and to Solomon his son, In this house, and in Jerusalem, which I have chosen out of all the tribes of Israel, will I put my name for ever;8 neither will I any more cause the foot of Israel to wander away from the land that I gave their fathers; if they will only take heed to do according to all that I have commanded them, and according to all the law that my servant Moses commanded them.9 But they would not hearken, and Manasseh led them astray to do more evil than the nations that Jehovah had destroyed from before the children of Israel.10 And Jehovah spoke by his servants the prophets saying,11 Because Manasseh king of Judah hath done these abominations, and hath done wickedly above all that the Amorites did, who were before him, and hath made Judah also to sin with his idols;12 therefore thus saith Jehovah the God of Israel: Behold, I will bring evil upon Jerusalem and Judah, that whosoever heareth of it, both his ears shall tingle.13 And I will stretch over Jerusalem the line of Samaria, and the plummet of the house of Ahab, and I will wipe Jerusalem as one wipeth a pan, wiping it and turning it upside down.14 And I will forsake the remnant of mine inheritance, and deliver them into the hand of their enemies; and they shall become a prey and a spoil to all their enemies;15 because they have done evil in my sight, and have provoked me to anger, since the day their fathers came forth out of Egypt even to this day.16 And Manasseh shed very much innocent blood, till he had filled Jerusalem {with it} from one end to another; beside his sin with which he made Judah to sin, in doing evil in the sight of Jehovah.17 And the rest of the acts of Manasseh, and all that he did, and his sin which he sinned, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?18 And Manasseh slept with his fathers, and was buried in the garden of his own house, in the garden of Uzza; and Amon his son reigned in his stead.19 Amon was twenty-two years old when he began to reign; and he reigned two years in Jerusalem; and his mother's name was Meshullemeth, daughter of Haruz of Jotbah.20 And he did evil in the sight of Jehovah, as Manasseh his father had done;21 and he walked in all the way that his father had walked in, and served the idols that his father had served, and worshipped them;22 and he forsook Jehovah the God of his fathers, and walked not in the way of Jehovah.23 And the servants of Amon conspired against him, and slew the king in his own house.24 But the people of the land smote all them that had conspired against king Amon; and the people of the land made Josiah his son king in his stead.25 And the rest of the acts of Amon, what he did, are they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?26 And he was buried in his sepulchre in the garden of Uzza; and Josiah his son reigned in his stead.

1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefs¡ba.2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hisk¡a verniel het, en altare opgerig vir Ba„l en 'n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;4 ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE;6 ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.7 Hy het ook 'n gesnede beeld van Asj,ra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.10 Toe het die HERE deur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het -- erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode --12 daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek sal 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.13 En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samar¡a span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.14 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande 'n buit en 'n plundering sal word;15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE.17 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.19 Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesull,met, 'n dogter van Harus, uit Jotba.20 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het.21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.22 En hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die HERE gewandel nie.23 En die dienaars van Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.24 Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak.25 En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?26 En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Jos¡a het in sy plek koning geword.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-