1 And again he began to teach by the sea. And a great crowd was gathered together to him, so that going on board ship he sat in the sea, and all the crowd were close to the sea on the land.2 And he taught them many things in parables. And he said to them in his doctrine,3 Hearken: Behold, the sower went forth to sow.4 And it came to pass as he sowed, one fell by the wayside, and the birds came and devoured it.5 And another fell on the rocky ground, where it had not much earth, and immediately it sprung up out {of the ground} because it had no depth of earth;6 and when the sun arose it was burnt up, and because of its not having any root, it withered.7 And another fell among the thorns, and the thorns grew up and choked it, and it yielded no fruit.8 And another fell into the good ground, and yielded fruit, growing up and increasing; and bore, one thirty, and one sixty, and one a hundred.9 And he said, He that has ears to hear, let him hear.10 And when he was alone, those about him with the twelve asked him {as to} the parables.11 And he said to them, To you is given {to know} the mystery of the kingdom of God; but to them who are without, all things are done in parables,12 that beholding they may behold and not see, and hearing they may hear and not understand, lest it may be, they should be converted and they should be forgiven.13 And he says to them, Do ye not know this parable? and how will ye be acquainted with all the parables?14 The sower sows the word:15 and these are they by the wayside where the word is sown, and when they hear, immediately Satan comes and takes away the word that was sown in them.16 And these are they in like manner who are sown upon the rocky places, who when they hear the word, immediately receive it with joy,17 and they have no root in themselves, but are for a time: then, tribulation arising, or persecution on account of the word, immediately they are offended.18 And others are they who are sown among the thorns: these are they who have heard the word,19 and the cares of life, and the deceitfulness of riches, and the lusts of other things, entering in, choke the word, and it becomes unfruitful.20 And these are they who have been sown on the good ground, such as hear the word and receive it, and bear fruit; one thirty, and one sixty, and one a hundred {fold}.21 And he said to them, Does the lamp come that it should be put under the bushel or under the couch? {Is it} not that it should be set upon the lamp-stand?22 For there is nothing hidden which shall not be made manifest; nor does any secret thing take place, but that it should come to light.23 If any one have ears to hear, let him hear.24 And he said to them, Take heed what ye hear; with what measure ye mete, it shall be meted to you; and there shall be {more} added to you.25 For whosoever has, to him shall be given; and he who has not, even what he has shall be taken from him.26 And he said, Thus is the kingdom of God, as if a man should cast the seed upon the earth,27 and should sleep and rise up night and day, and the seed should sprout and grow, he does not know how.28 The earth bears fruit of itself, first {the} blade, then an ear, then full corn in the ear.29 But when the fruit is produced, immediately he sends the sickle, for the harvest is come.30 And he said, How should we liken the kingdom of God, or with what comparison should we compare it?31 As to a grain of mustard {seed}, which, when it is sown upon the earth, is less than all seeds which are upon the earth,32 and when it has been sown, mounts up and becomes greater than all herbs, and produces great branches, so that the birds of heaven can roost under its shadow.33 And with many such parables he spoke the word to them, as they were able to hear,34 but without a parable spoke he not to them; and in private he explained all things to his disciples.35 And on that day, when evening was come, he says to them, Let us go over to the other side:36 and having sent away the crowd, they take him with {them}, as he was, in the ship. But other ships also were with him.37 And there comes a violent gust of wind, and the waves beat into the ship, so that it already filled.38 And *he* was in the stern sleeping on the cushion. And they awake him up and say to him, Teacher, dost thou not care that we are perishing?39 And awaking up he rebuked the wind, and said to the sea, Silence; be mute. And the wind fell, and there was a great calm.40 And he said to them, Why are ye {thus} fearful? how {is it} ye have not faith? () And he said unto them, Why are ye so fearful? how is it that ye have no faith?41 And they feared {with} great fear, and said one to another, Who then is this, that even the wind and the sea obey him?
1 En Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.2 En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:3 Luister! 'n Saaier het uitgegaan om te saai.4 En terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.5 En 'n ander deel het op 'n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.6 En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.9 En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.10 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.13 En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?14 Die saaier saai die woord.15 En dit is hulle wat langs die pad is -- waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word -- wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.18 En hulle by wie in die dorings gesaai word -- dit is hulle wat die woord hoor,19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is -- hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.21 En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?22 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.23 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.24 En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.25 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.26 En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi;27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot -- hoe, weet hy self nie.28 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.29 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.30 En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?31 Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;32 en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.35 En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.37 En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.40 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?41 En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!