1 And as he was going out of the temple, one of his disciples says to him, Teacher, see what stones and what buildings!2 And Jesus answering said to him, Seest thou these great buildings? not a stone shall be left upon a stone, which shall not be thrown down.3 And as he sat on the mount of Olives opposite the temple, Peter and James and John and Andrew asked him privately,4 Tell us, when shall these things be, and what is the sign when all these things are going to be fulfilled?5 And Jesus answering them began to say, Take heed lest any one mislead you.6 For many shall come in my name, saying, It is *I*, and shall mislead many.7 But when ye shall hear of wars and rumours of wars, be not disturbed, for {this} must happen, but the end is not yet.8 For nation shall rise up against nation, and kingdom against kingdom; and there shall be earthquakes in {different} places, and there shall be famines and troubles: these things {are the} beginnings of throes.9 But *ye*, take heed to yourselves, for they shall deliver you up to sanhedrims and to synagogues: ye shall be beaten and brought before rulers and kings for my sake, for a testimony to them;10 and the gospel must first be preached to all the nations.11 But when they shall lead you away to deliver you up, be not careful beforehand as to what ye shall say, {nor prepare your discourse}: but whatsoever shall be given you in that hour, that speak; for *ye* are not the speakers, but the Holy Spirit.12 But brother shall deliver up brother to death, and father child; and children shall rise up against parents, and cause them to be put to death.13 And ye will be hated of all on account of my name; but he that has endured to the end, *he* shall be saved.14 But when ye shall see the abomination of desolation standing where it should not, (he that reads let him consider {it},) then let those in Judaea flee to the mountains;15 and him that is upon the housetop not come down into the house, nor enter {into it} to take away anything out of his house;16 and him that is in the field not return back to take his garment.17 But woe to those that are with child and to those that give suck in those days!18 And pray that it may not be in winter time;19 for those days shall be distress such as there has not been the like since {the} beginning of creation which God created, until now, and never shall be;20 and if {the} Lord had not cut short those days, no flesh should have been saved; but on account of the elect whom he has chosen, he has cut short those days.21 And then if any one say to you, Lo, here {is} the Christ, or Lo, there, believe {it} not.22 For false Christs and false prophets will arise, and give signs and wonders to deceive, if possible, even the elect.23 But do *ye* take heed: behold, I have told you all things beforehand.24 But in those days, after that distress, the sun shall be darkened and the moon shall not give its light;25 and the stars of heaven shall be falling down, and the powers which are in the heavens shall be shaken;26 and then shall they see the Son of man coming in clouds with great power and glory;27 and then shall he send his angels and shall gather together his elect from the four winds, from end of earth to end of heaven.28 But learn the parable from the fig-tree: when its branch already becomes tender and puts forth the leaves, ye know that the summer is near.29 Thus also *ye*, when ye see these things happening, know that it is near, at the doors.30 Verily I say unto you, This generation shall in no wise pass away, till all these things take place.31 The heaven and the earth shall pass away, but my words shall in no wise pass away.32 But of that day or of that hour no one knows, neither the angels who are in heaven, nor the Son, but the Father.33 Take heed, watch and pray, for ye do not know when the time is:34 {it is} as a man gone out of the country, having left his house and given to his bondmen the authority, and to each one his work, and commanded the doorkeeper that he should watch.35 Watch therefore, for ye do not know when the master of the house comes: evening, or midnight, or cock-crow, or morning;36 lest coming suddenly he find you sleeping.37 But what I say to you, I say to all, Watch.
1 En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!3 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as Hom afsonderlik:4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?5 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.9 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis.10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.14 En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie -- laat hom wat lees, oplet -- dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;15 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.17 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.19 Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.20 En as die Here die dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy die dae verkort.21 En as iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! -- moet dit nie glo nie.22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.24 Maar in daardie dae, n die verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.30 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.32 Maar van daardie dag en die uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.33 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.34 Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!