Publicidade

Marcos 12

1 And he began to say to them in parables, A man planted a vineyard, and made a fence round {it} and dug a wine-vat, and built a tower, and let it out to husbandmen, and left the country.2 And he sent a bondman to the husbandmen at the season, that he might receive from the husbandmen of the fruit of the vineyard.3 But they took him, and beat {him}, and sent {him} away empty.4 And again he sent to them another bondman; and {at} him they {threw stones, and} struck {him} on the head, and sent {him} away with insult.5 And {again} he sent another, and him they killed; and many others, beating some and killing some.6 Having yet therefore one beloved son, he sent also him to them the last, saying, They will have respect for my son.7 But those husbandmen said to one another, This is the heir: come, let us kill him and the inheritance will be ours.8 And they took him and killed him, and cast him forth out of the vineyard.9 What therefore shall the lord of the vineyard do? He will come and destroy the husbandmen, and will give the vineyard to others.10 Have ye not even read this scripture, The stone which they that builded rejected, this has become the corner-stone:11 this is of {the} Lord, and it is wonderful in our eyes?12 And they sought to lay hold of him, and they feared the crowd; for they knew that he had spoken the parable of them. And they left him and went away.13 And they send to him certain of the Pharisees and of the Herodians, that they might catch him in speaking.14 And they come and say to him, Teacher, we know that thou art true, and carest not for any one; for thou regardest not men's person, but teachest the way of God with truth: Is it lawful to give tribute to Caesar or not?15 Should we give, or should we not give? But he knowing their hypocrisy said unto them, Why tempt ye me? Bring me a denarius that I may see {it}.16 And they brought {it}. And he says to them, Whose {is} this image and superscription? And they said to him, Caesar's.17 And Jesus answering said to them, Pay what is Caesar's to Caesar, and what is God's to God. And they wondered at him.18 And Sadducees come to him, that say there is no resurrection; and they demanded of him saying,19 Teacher, Moses wrote to us that if any one's brother die, and leave a wife behind, and leave no children, that his brother shall take his wife, and raise up seed to his brother.20 There were seven brethren; and the first took a wife, and dying did not leave seed;21 and the second took her and died, and neither did he leave seed; and the third likewise.22 And the seven {took her and} did not leave seed. Last of all the woman also died.23 In the resurrection, when they shall rise again, of which of them shall she be wife, for the seven had her as wife?24 And Jesus answering said to them, Do not ye therefore err, not knowing the scriptures, nor the power of God?25 For when they rise from among {the} dead they neither marry, nor are given in marriage, but are as angels {who are} in the heavens.26 But concerning the dead that they rise, have ye not read in the book of Moses, in {the section of} the bush, how God spoke to him, saying, *I* {am} the God of Abraham, and the God of Isaac, and the God of Jacob?27 He is not the God of {the} dead, but of {the} living. *Ye* therefore greatly err.28 And one of the scribes who had come up, and had heard them reasoning together, perceiving that he had answered them well, demanded of him, Which is {the} first commandment of all?29 And Jesus answered him, {The} first commandment of all {is}, Hear, Israel: the Lord our God is one Lord;30 and thou shalt love the Lord thy God with all thy heart, and with all thy soul, and with all thine understanding, and with all thy strength. This is {the} first commandment.31 And a second like it {is} this: Thou shalt love thy neighbour as thyself. There is not another commandment greater than these.32 And the scribe said to him, Right, teacher; thou hast spoken according to {the} truth. For he is one, and there is none other besides him;33 and to love him with all the heart, and with all the intelligence, and with all the soul, and with all the strength, and to love one's neighbour as one's self, is more than all the burnt-offerings and sacrifices.34 And Jesus, seeing that he had answered intelligently, said to him, Thou art not far from the kingdom of God. And no one dared question him any more.35 And Jesus answering said {as he was} teaching in the temple, How do the scribes say that the Christ is son of David?36 {for} David himself said {speaking} in the Holy Spirit, The Lord said to my Lord, Sit on my right hand until I put thine enemies {as} footstool of thy feet.37 David himself {therefore} calls him Lord, and whence is he his son? And the mass of the people heard him gladly.38 And he said to them in his doctrine, Beware of the scribes, who like to walk about in long robes, and salutations in the marketplaces,39 and first seats in the synagogues, and first places at suppers;40 who devour the houses of widows, and as a pretext make long prayers. These shall receive a severer judgment.41 And Jesus, having sat down opposite the treasury, saw how the crowd was casting money into the treasury; and many rich cast in much.42 And a poor widow came and cast in two mites, which is a farthing.43 And having called his disciples to {him} he said to them, Verily I say unto you, This poor widow has cast in more than all who have cast into the treasury:44 for all have cast in of that which they had in abundance, but she of her destitution has cast in all that she had, the whole of her living.

1 Toe begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.2 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;3 maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.4 En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.5 En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander -- sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.6 Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.7 Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees.8 En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp.9 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee.10 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?11 Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.12 En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.13 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op 'n woord te betrap.14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My 'n penning, dat Ek dit kan sien.16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n.17 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.18 Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê:19 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.20 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.21 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.22 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.23 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? -- want al sewe het haar as vrou gehad.24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan -- het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?27 God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.28 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as die nie.32 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;33 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.34 Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.35 En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?36 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.37 Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.38 En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou39 en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye --40 hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.41 En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.42 En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is 'n oortjie.43 Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.44 Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.

Veja também

Publicidade
Marcos
Ver todos os capítulos de Marcos
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-