1 And the Pharisees and some of the scribes, coming from Jerusalem, are gathered together to him,2 and seeing some of his disciples eat bread with defiled, that is, unwashed, hands,3 (for the Pharisees and all the Jews, unless they wash their hands diligently, do not eat, holding what has been delivered by the ancients;4 and {on coming} from the market-place, unless they are washed, they do not eat; and there are many other things which they have received to hold, the washing of cups and vessels, and brazen utensils, and couches),5 then the Pharisees and the scribes ask him, Why do thy disciples not walk according to what has been delivered by the ancients, but eat the bread with defiled hands?6 But he answering said to them, Well did Esaias prophesy concerning you hypocrites, as it is written, This people honour me with their lips, but their heart is far away from me.7 But in vain do they worship me, teaching {as their} teachings commandments of men.8 {For}, leaving the commandment of God, ye hold what is delivered by men {to keep} -washings of vessels and cups, and many other such like things ye do.9 And he said to them, Well do ye set aside the commandment of God, that ye may observe what is delivered by yourselves {to keep}.10 For Moses said, Honour thy father and thy mother; and, he who speaks ill of father or mother, let him surely die.11 But *ye* say, If a man say to his father or his mother, {It is} corban (that is, gift), whatsoever thou mightest have profit from me by... () But ye say, If a man shall say to his father or mother, {It is} Corban, that is to say, a gift, by whatsoever thou mightest be profited by me; {he shall be free}.12 And ye no longer suffer him to do anything for his father or his mother;13 making void the word of God by your traditional teaching which ye have delivered; and many such like things ye do.14 And having called again the crowd, he said to them, Hear me, all {of you}, and understand:15 There is nothing from outside a man entering into him which can defile him; but the things which go out from him, those it is which defile the man.16 If any one have ears to hear, let him hear.17 And when he went indoors from the crowd, his disciples asked him concerning the parable.18 And he says to them, Are *ye* also thus unintelligent? Do ye not perceive that all that is outside entering into the man cannot defile him,19 because it does not enter into his heart but into his belly, and goes out into the draught, purging all meats?20 And he said, That which goes forth out of the man, that defiles the man.21 For from within, out of the heart of men, go forth evil thoughts, adulteries, fornications, murders,22 thefts, covetousness, wickednesses, deceit, licentiousness, a wicked eye, injurious language, haughtiness, folly;23 all these wicked things go forth from within and defile the man.24 And he rose up and went away thence into the borders of Tyre and Sidon; and having entered into a house he would not have any one know {it}, and he could not be hid.25 But immediately a woman, whose little daughter had an unclean spirit, having heard of him, came and fell at his feet26 (and the woman was a Greek, Syrophenician by race), and asked him that he would cast the demon out of her daughter.27 But {Jesus} said to her, Suffer the children to be first filled; for it is not right to take the children's bread and cast it to the dogs.28 But she answered and says to him, Yea, Lord; for even the dogs under the table eat of the children's crumbs.29 And he said to her, Because of this word, go thy way, the demon is gone out of thy daughter.30 And having gone away to her house she found the demon gone out, and her daughter lying on the bed.31 And again having left the borders of Tyre and Sidon, he came to the sea of Galilee, through the midst of the coasts of Decapolis.32 And they bring to him a deaf {man} who could not speak right, and they beseech him that he might lay his hand on him.33 And having taken him away from the crowd apart, he put his fingers to his ears; and having spit, he touched his tongue;34 and looking up to heaven he groaned, and says to him, Ephphatha, that is, Be opened.35 And immediately his ears were opened, and the band of his tongue was loosed and he spoke right.36 And he charged them that they should speak to no one {of it}. But so much the more *he* charged them, so much the more abundantly *they* proclaimed it;37 and they were astonished above measure, saying, He does all things well; he makes both the deaf to hear, and the speechless to speak.
1 En die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom;2 en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur.3 Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.4 En wanneer hulle van die mark kom, eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde.5 Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande?6 En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.7 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.8 Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.9 En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.10 Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.11 Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe --12 dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.14 En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.15 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, d¡t is die dinge wat die mens onrein maak.16 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!17 En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis.18 En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,19 omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.24 En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.25 Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.26 En sy was 'n Griekse vrou, 'n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.27 Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie.28 En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.29 En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.30 En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê.31 En Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galil,a gegaan, deur die gebied van Dek polis.32 Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê.33 En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;34 en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: Âffata, dit is: Gaan oop!35 En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.36 En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.37 En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.