Publicidade

Salmos 37

1 [{A Psalm} of David.] Fret not thyself because of evil-doers, and be not envious of them that work unrighteousness;2 for they shall soon be cut down like the grass, and fade as the green herb.3 Confide in Jehovah, and do good; dwell in the land, and feed on faithfulness;4 and delight thyself in Jehovah, and he will give thee the desires of thy heart.5 Commit thy way unto Jehovah, and rely upon him: he will bring {it} to pass;6 and he will bring forth thy righteousness as the light, and thy judgment as the noonday.7 Rest in Jehovah, and wait patiently for him: fret not thyself because of him that prospereth in his way, because of the man that bringeth mischievous devices to pass.8 Cease from anger, and forsake wrath; fret not thyself: it {would be} only to do evil.9 For evil-doers shall be cut off; but those that wait on Jehovah, they shall possess the land.10 For yet a little while, and the wicked is not; and thou considerest his place, but he is not.11 But the meek shall possess the land, and shall delight themselves in the abundance of prosperity.12 The wicked plotteth against the righteous, and gnasheth his teeth against him.13 The Lord laugheth at him; for he seeth that his day is coming.14 The wicked have drawn out the sword, and have bent their bow, to cast down the afflicted and needy, to slay those that are upright in {the} way:15 their sword shall enter into their own heart, and their bows shall be broken.16 The little that the righteous hath is better than the abundance of many wicked;17 for the arms of the wicked shall be broken, but Jehovah upholdeth the righteous.18 Jehovah knoweth the days of the perfect; and their inheritance shall be for ever:19 they shall not be ashamed in the time of evil, and in the days of famine they shall be satisfied.20 For the wicked shall perish, and the enemies of Jehovah shall be as the fat of lambs: they shall consume, like smoke shall they consume away.21 The wicked borroweth, and payeth not again; but the righteous is gracious and giveth:22 for those blessed of him shall possess the land, and they that are cursed of him shall be cut off.23 The steps of a man are established by Jehovah, and he delighteth in his way:24 though he fall, he shall not be utterly cast down, for Jehovah upholdeth his hand.25 I have been young, and now am old, and I have not seen the righteous forsaken, nor his seed seeking bread:26 all the day he is gracious and lendeth, and his seed shall be a blessing.27 Depart from evil, and do good, and dwell for evermore;28 for Jehovah loveth judgment, and will not forsake his saints: They are preserved for ever; but the seed of the wicked shall be cut off.29 The righteous shall possess the land, and dwell therein for ever.30 The mouth of the righteous proffereth wisdom, and his tongue speaketh judgment;31 the law of his God is in his heart; his goings shall not slide.32 The wicked watcheth the righteous, and seeketh to slay him:33 Jehovah will not leave him in his hand, nor condemn him when he is judged.34 Wait for Jehovah, and keep his way, and he will exalt thee to possess the land: when the wicked are cut off, thou shalt see {it}.35 I have seen the wicked in great power, and spreading like a green tree in its native soil:36 but he passed away, and behold, he was not; and I sought him, but he was not found.37 Mark the perfect, and behold the upright, for the end of {that} man is peace;38 but the transgressors shall be destroyed together; the future of the wicked shall be cut off.39 But the salvation of the righteous is of Jehovah: he is their strength in the time of trouble.40 And Jehovah will help them and deliver them: he will deliver them from the wicked, and save them; for they trust in him.

1 'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;2 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.3 Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.5 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.10 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.12 Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.13 Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om die te slag wat opreg is van weg.15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.16 Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;17 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.20 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.21 Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;22 want die wat deur Hom geseënword, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.23 Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.27 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;28 want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.32 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.33 Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.34 Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.35 Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.37 Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.38 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.40 En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-