1 [To the chief Musician. {A Psalm} of David, the servant of Jehovah, who spoke to Jehovah the words of this song in the day that Jehovah had delivered him out of the hand of all his enemies and out of the hand of Saul. And he said,] I will love thee, O Jehovah, my strength.2 Jehovah is my rock, and my fortress, and my deliverer; my *God, my rock, in whom I will trust; my shield, and the horn of my salvation, my high tower.3 I will call upon Jehovah, who is to be praised: so shall I be saved from mine enemies.4 The bands of death encompassed me, and torrents of Belial made me afraid.5 The bands of Sheol surrounded me, the cords of death encountered me.6 In my distress I called upon Jehovah, and I cried out to my God; he heard my voice out of his temple, and my cry came before him, into his ears.7 Then the earth shook and quaked, and the foundations of the mountains trembled and shook, because he was wroth.8 There went up a smoke out of his nostrils, and fire out of his mouth devoured: coals burned forth from it.9 And he bowed the heavens, and came down; and darkness was under his feet.10 And he rode upon a cherub and did fly; yea, he flew fast upon the wings of the wind.11 He made darkness his secret place, his tent round about him: darkness of waters, thick clouds of the skies.12 From the brightness before him his thick clouds passed forth: hail and coals of fire.13 And Jehovah thundered in the heavens, and the Most High uttered his voice: hail and coals of fire.14 And he sent his arrows, and scattered {mine enemies}; and he shot forth lightnings, and discomfited them.15 And the beds of the waters were seen, and the foundations of the world were uncovered at thy rebuke, Jehovah, at the blast of the breath of thy nostrils.16 He reached forth from above, he took me, he drew me out of great waters:17 He delivered me from my strong enemy, and from them that hated me; for they were mightier than I.18 They encountered me in the day of my calamity, but Jehovah was my stay.19 And he brought me forth into a large place; he delivered me, because he delighted in me.20 Jehovah hath rewarded me according to my righteousness; according to the cleanness of my hands hath he recompensed me.21 For I have kept the ways of Jehovah, and have not wickedly departed from my God.22 For all his ordinances were before me, and I did not put away his statutes from me;23 And I was upright with him, and kept myself from mine iniquity.24 And Jehovah hath recompensed me according to my righteousness, according to the cleanness of my hands in his sight.25 With the gracious thou dost shew thyself gracious; with the upright man thou dost shew thyself upright;26 With the pure thou dost shew thyself pure; and with the perverse thou dost shew thyself contrary.27 For it is thou that savest the afflicted people; but the haughty eyes wilt thou bring down.28 For it is thou that makest my lamp to shine: Jehovah my God enlighteneth my darkness.29 For by thee I have run through a troop; and by my God have I leaped over a wall.30 As for *God, his way is perfect; the word of Jehovah is tried: he is a shield to all that trust in him.31 For who is +God save Jehovah? and who is a rock if not our God?32 The *God who girdeth me with strength, and maketh my way perfect,33 Who maketh my feet like hinds' {feet}, and setteth me upon my high places;34 Who teacheth my hands to war, and mine arms bend a bow of brass;35 And thou didst give me the shield of thy salvation, and thy right hand held me up; and thy condescending gentleness hath made me great.36 Thou didst enlarge my steps under me, and mine ankles have not wavered.37 I pursued mine enemies, and overtook them; and I turned not again till they were consumed.38 I crushed them, and they were not able to rise: they fell under my feet.39 And thou girdedst me with strength to battle; thou didst subdue under me those that rose up against me.40 And mine enemies didst thou make to turn their backs unto me, and those that hated me I destroyed.41 They cried, and there was none to save; -unto Jehovah, and he answered them not.42 And I did beat them small as dust before the wind; I did cast them out as the mire of the streets.43 Thou hast delivered me from the strivings of the people; thou hast made me the head of the nations: a people I knew not doth serve me.44 At the hearing of the ear, they obey me: strangers come cringing unto me.45 Strangers have faded away, and they come trembling forth from their close places.46 Jehovah liveth; and blessed be my rock; and exalted be the God of my salvation,47 The *God who hath avenged me, and hath subjected the peoples to me;48 Who hath delivered me from mine enemies: yea, thou hast lifted me up above them that rose up against me; from the man of violence hast thou delivered me.49 Therefore will I give thanks to thee, Jehovah, among the nations, and will sing psalms to thy name.50 {It is he} who giveth great deliverances to his king, and sheweth loving-kindness to his anointed, to David, and to his seed for evermore.
1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.11 En Hy het op 'n g,rub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.14 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.29 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.32 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.34 Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes.35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, die het ek vernietig.42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie -- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing. [ (Psalms 18:51) Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid. ]