1 [A Psalm of David.] Jehovah, I have called upon thee: make haste unto me; give ear unto my voice, when I call unto thee.2 Let my prayer be set forth before thee as incense, the lifting up of my hands as the evening oblation.3 Set a watch, O Jehovah, before my mouth; keep the door of my lips.4 Incline not my heart to any evil thing, to practise deeds of wickedness with men that are workers of iniquity; and let me not eat of their dainties.5 Let the righteous smite me, it is kindness; and let him reprove me, it is an excellent oil which my head shall not refuse: for yet my prayer also is {for them} in their calamities.6 When their judges are thrown down from the rocks, they shall hear my words, for they are sweet.7 Our bones are scattered at the mouth of Sheol, as when one cutteth and cleaveth {wood} upon the earth.8 For unto thee, Jehovah, Lord, are mine eyes; in thee do I trust: leave not my soul destitute.9 Keep me from the snare which they have laid for me, and from the traps of the workers of iniquity.10 Let the wicked fall into their own nets, whilst that *I* withal pass over.
1 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.3 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.5 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig -- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.7 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.8 Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!9 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.10 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ,k verbygaan!