1 Give ye thanks unto Jehovah; for he is good; for his loving-kindness {endureth} for ever.2 Oh let Israel say, that his loving-kindness {endureth} for ever.3 Oh let the house of Aaron say, that his loving-kindness {endureth} for ever.4 Oh let them that fear Jehovah say, that his loving-kindness {endureth} for ever.5 I called upon Jah in distress; Jah answered me {and set me} in a large place.6 Jehovah is for me, I will not fear; what can man do unto me?7 Jehovah is for me among them that help me; and I shall see {my desire} upon them that hate me.8 It is better to trust in Jehovah than to put confidence in man;9 It is better to trust in Jehovah than to put confidence in nobles.10 All nations encompassed me; but in the name of Jehovah have I destroyed them.11 They encompassed me, yea, encompassed me; but in the name of Jehovah have I destroyed them.12 They encompassed me like bees; they are quenched as the fire of thorns: for in the name of Jehovah have I destroyed them.13 Thou hast thrust hard at me that I might fall; but Jehovah helped me.14 My strength and song is Jah, and he is become my salvation.15 The voice of triumph and salvation is in the tents of the righteous: the right hand of Jehovah doeth valiantly;16 The right hand of Jehovah is exalted, the right hand of Jehovah doeth valiantly.17 I shall not die, but live, and declare the works of Jah.18 Jah hath chastened me sore; but he hath not given me over unto death.19 Open to me the gates of righteousness: I will enter into them; Jah will I praise.20 This is the gate of Jehovah: the righteous shall enter therein.21 I will give thee thanks, for thou hast answered me, and art become my salvation.22 {The} stone which the builders rejected hath become the head of the corner:23 This is of Jehovah; it is wonderful in our eyes.24 This is the day that Jehovah hath made; we will rejoice and be glad in it.25 Oh save, Jehovah, I beseech thee; Jehovah, I beseech thee, oh send prosperity!26 Blessed be he that cometh in the name of Jehovah. We have blessed you out of the house of Jehovah.27 Jehovah is *God, and he hath given us light: bind the sacrifice with cords, -up to the horns of the altar.28 Thou art my *God, and I will give thee thanks; my God, I will exalt thee.29 Give ye thanks unto Jehovah; for he is good; for his loving-kindness {endureth} for ever.
1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!2 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!3 Laat die huis van A„ron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!4 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!5 Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.6 Die HERE is v¡r my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?7 Die HERE is v¡r my as my helper; so sal ,k dan neersien op die wat my haat.8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.9 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.10 Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.11 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.12 Hulle het my omsingel soos bye -- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.13 Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.14 Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.15 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.16 Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.17 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.18 Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.19 Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.20 Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.21 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.22 Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.23 Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.25 Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!26 Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.27 Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.28 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.29 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!